• IMG_5898

Irene & Bennie {Strand troue}

 

Peroonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Irene Theron
  • Naam Van Bruidegom: Bennie Dixon
  • Datum en Tyd van troue: 3 November 2012, 15h00
  • Venue/plek van troue: Bosduifklip Restaurant, Lambertsbaai
  • Aantal gaste: 50

 

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: bruid self
  • Fotograaf: Nolan Balie
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Bruid se rok is ‘n Bride & Co rok tweedehands oor gekoop en hertsel deur skoonsussie Maretha Dixon. Bruidsmeisie het haar eie rok laat maak.
  • Bruidegom en mans pakke: Maretha Dixon het die onderbaadjies en dasse gegee die res was in hul kaste.
  • Blomme : geen blomm nie net kuns blomme was gebruik vir die ruikers wat gemaak is deur die bruid.
  • Dekor: Alles gemaak deur bruid en opgestel deur Enbur Events
  • Koek: blou koek gemaak deur bruid se vriendin Melone Erasmus as verrassing en room/goue koek was back up koek as die een uit Boksburg dit nie sou maak nie. Laat maak deur bruid se ma.
  • Spyseniering: Bosduifklip Restaurant, Lambertsbaai

 

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ek het van Gauteng af getrek Vredendal toe. ‘n Week later toe ontmoet ek Bennie by sy ouers se huis toe ek, my niggie en neef daar was. Het hom nie weer gesien tot twee maande later op 14 Mei 2011 nie. My niggie was sy klein boetie James se metgesel na hul ander broer se troue toe. Bennie het nie ‘n metgesel gehad nie en my niggie het voorgestel dat ek saam moet gaan. Wel kom ons stel dit so dit was liefde met die eerste oog opslag.

 

  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons het 14 Mei 2011 begin uit gaan en van daar af is ons nog al die pad onafskeidbaar.

 

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ons het die aand op 10 September 2011 by vriende gaan braai. Ons het dieselfde dag die ring by die juwellier gaan haal. Sy oorspronklike plan was om my te vra voor al ons vriende, maar dit het nie so goed gewerk nie, want ek het die kussie in sy baadjie se sak gevoel. Hy het toe maar gelos. Ons het 11uur die nag by die huis gekom en besluit om bietjie tv te kyk. My seun van 3 vra toe om die ring te sien. Ons wys dit vir hom en toe sy hy: “Dis mooi mamma!” en Bennie: “Mag ek met mamma trou?” Op sy een knieg. My seun: “Ja!” en toe sit hy die ring aan my vinger!

 

  • Die troue (van a-z): Die kleure was alle skakerings blou en groen met goud tussen in. Omdat ons altwee baie lief is vir die see en natuur wou ons dit deel maak van die tema. Ek het oneindig baie skulpe in gebring en koring are by mekaar gemaak. Blikke geroes en oudhede versamel om die rustieke gevoel in te bring om by Bosduifklip se gevoel te pas. Ons het glad nie blomme gebruik nie oor daar oral alwyne, vetplante, fynbos, ens. was. Ons was bang dit oorheers die natuurlike gevoel. Ons tafelversierings was groot glas vase met skulpe in, water en dryf kersies. Klippe met elke gas se naam op om aan te wys waar hulle sit en elke tafel het ‘n weskus vis naam gehad soos snoek, engelvis, ens. Tannie Aletta en oom Kobus van Bosduifklip met hul span het die lekkerste kos gemaak. Dit is nou eg boere weskus kos met ‘n verskeidenheid om van die menu te kies. Ons gaste kan nie uit gepraat raak oor dit nie. Ons se ons het ‘n natuurlike rustieke weskus troue gehad. Plat op die aarde boerde styl. Die klip formasies van die krans met die bloekomhout tafels en stoele, met skulp padjies maak die mees perfekte atmosfeer vir ‘n buite troue. Ons is smoorverlief op die plek met sy gasvryheid. Die dansbaan was onder sterre hemel ge-open met blik en glas lanterns wat oral gebrand het. Almal het lekker gedans en gekuier tot die bruidspaar laaste geloop het. Dit was nou die perfekte dag van ons lewe!

 

  • Raad vir toekomsige bruide: Eerstens bly kalm alles sal in plek val en perfek uit werk. Spaar waar jy kan deur self van die dekor te maak. Mens kom soveel geodkoper weg en dit hoef nie tweedehands te lyk nie.

 

  • Die beste deel van jul troudag: Toe ek my man se gesig sien toe ek in die padjie aan geloop kom en om te sien hoe almal dit geniet het. Natuurlik die kos! Met die wete my harde werk en beplanning word vergoed vir dit!
Deel die artikel