Trou Idees

Alles oor HVK’s

‘n Huwelikskontrak – Is dit regtig nodig?

Wanneer ‘n paartjie die besluit neem om in die huwelik te tree is daar ‘n paar regsaspekte wat oorweeg moet word, party noodsaaklik en ander opsioneel.

‘n Huwelikskontrak is een van daardie regsaspekte wat opsioneel is. Die paartjie moet ‘n oop en eerlike gesprek met mekaar hê oor wat ‘n huwelikskontrak behels en waarom dit oorweeg moet word vir hulle omrede ‘n huwelikskontrak uniek is aan elke huwelik.

Wanneer ‘n paartjie wel oorweeg om ‘n huwelikskontrak te doen moet hulle die volgende vraag vir hulle self vra: Waarom wil ons die kontrak doen en is dit regtig nodig?

Die twee grootste redes wat paartjies aan ons kantore voorgehou het waarom hulle nie ‘n huwelikskontrak doen nie is eerstens, want hulle was nie genoeg ingelig oor die aspek nie en daarom gevoel dat dit eintlik nie nodig is om te doen nie want soveel ander paartjies trou sonder ‘n huwelikskontrak en lyk alles om in orde te wees by hulle en tweedens, want “ons is dan lief vir mekaar en ons vertrou mekaar” – so waarom ‘n regsdokument in plek sit vir ons huwelik?
Paartjies moet nie die oorweging en sluit van ‘n huwelikskontrak persoonlik opneem nie. Die fokus, wanneer ‘n huwelikskontrak oorweeg word, moet wees op die feit dat die paartjie mekaar eintlik moet beskerm in die huwelik teen derde partye tydens die huwelik.

Een van die grootste redes waarom ‘n paartjie ‘n huwelikskontrak moet oorweeg is want die huwelikskontrak sal die paartjie beskerm, tydens die huwelik, teen derde partye. Waar partye besluit om ‘n huwelik sonder om ‘n huwelikskontrak te sluit sal dit beteken dat die paartjie mekaar bind in alle besluite tydens die huwelik en kan dit ‘n baie beperkende effek op die paartjie hê, nie net persoonlik nie maar ook in hulle loopbane.

Is dit regtig nodig om ‘n huwelikskontrak te doen? Ons raai altyd paartjies aan om liewers doodseker te maak deur ‘n konsultasie te rëel met ‘n notaris (persoon wat huwelikskontrakte teken) sodat die paartjie volledig ingelig en verduidelik kan word wat die voordele en nadele is van ‘n huwelikskontrak in oorweeging van die verskillende opsies wat daar beskikbaar is in die Suid-Afrikaanse reg.

Wanneer moet die huwelikskontrak gedoen word? Die paartjie moet die rëelings, om ’n huwelikskontrak in plek te stel, liewers vroeër as later doen aangesien dit iets is wat ‘n paartjie nie deur die krake moet laat glip tussendeur al die trou rëelings nie. Die huwelikskontrak moet slegs geteken word, voordat die paartjie vir mekaar die “ja-
woord” gee om in die huwelik te tree met mekaar, vir die huwelikskontrak om van toepassing te wees op die huwelik.

Skrywer:
C Fritz
Fritz Attorneys
LLB (UP) LLM (UP)
E-pos: christo@fritzattorneys.co.za
Webtuiste: www.fritzattorneys.co.za

Trou Idees