Trou Idees

The Trend Bespoke Weddings

Alle sprokies begin nie verniet met ‘eendag lank, lank gelede’ nie. 

Myne het inderdaad baie lank gelede begin afspeel – eers net in my wildste drome.  As kleuter het ek en my maatjies al begin stry oor die ‘trou-tannie’ wanneer ons popspeel en nog lank voor my pa homself oor kêrels begin bekommer het, het ek my groot dag reeds haarfyn beplan. 

Vandag speel meisies eerder op Pinterest as pop, maar daar is party dinge wat nooit sal verander nie… Steeds word daar wêreldwyd oor die groot dag gedroom, sommer oop oë. 

Die feëtjie rok, die glas skoentjie, wie gaan strooi meisies wees, die bruidegom se oë wat vol trane skiet soos jy by die kerk instap (want laat hy nou net durf nie huil nie)… 

Jy kan jouself net indink hoe kinderlik opgewonde ek was toe ek myself die dag met ‘n ring aan die ‘regte’ vinger bevind en besef die jare lange sprokie is sowaar besig om waar te word. Die dae van dagdroom was uiteindelik verby en dit was tyd om pampoene in koetse te verander en paddas in prinse (ek hoop nie my man lees hierdie nie). 

Met jare se trou inspirasie agter my naam, het die groot dag nie terleurgestel nie. Dit was alles wat ek ooit kon droom EN NOG MEER. Maar ek het geweier om te aanvaar dat die sprokie daar moet eindig. Ek wou vir ewig in hierdie feëverhaal leef. Ek wou nooit weer wakker word nie… 

Na die wittebrood, het ek begin nes skrop en besef dat my smaak my smaak is, of ek nou troue beplan of huis maak. Ek het ook besef dat dit baie vinnig ‘n baie duur storie kan raak. Hoekom dan nog geld op dekor spandeer, as jy jou trou dekor kan hergebruik, het ek myself begin afvra. Ons leef dus in ‘n tyd waar ons moet dink aan ons planeet en die impak wat ons daarop het – wat ons eendag vir ons kinders gaan agterlaat – en in ‘n tyd waar dit help om jou sente ‘n keer of twee om te draai.

Ek het ook besef dat hierdie spesifieke dekor my ter selfde tyd aan my eie ‘gelukkige einde’ herinner en dat dit my daagliks terugvat na daai spesiale oomblik in tyd toe.

Toe ‘n vriendin vroeer hierdie jaar vra of ek moontlik met haar trou-beplanning kan help, was die laaste saadjie geplant en voor ek my oë kon uitvee, is ‘The Trend Bespoke Weddings’ gebore… Jy kan dit seker maar ‘n natuurlike geboorte noem.

‘The Trend’ bestaan uit ‘n klein katalogus van items wat jy vir jou groot dag kan aanskaf en waarvoor jy agterna die perfekte hoekie in jou huis sal vind.  

Alle items is met die hand uitgekies of deur my en my man (of sal ek se my padda-prins) gemaak en word konstant opgedateer soos wat modes verander. 

Die item waarmee ons ons katalogus afgeskop het en die item waarvoor ons steeds grootliks bekend is, is ons ‘arch’. Hierdie item is in verskeie vorms, materiale en groottes beskikbaar om elke klient se persoonlike styl/smaak te akkommodeer. Wat dit so populêr maak, is die feit dat dit die perfekte ‘Instagram’ fotos verseker (want ons almal weet ‘n troue is nie ‘n troue sonder Instagram fotos nie)… 

Maar die ‘arch’ is verseker nie waar dit eindig nie… Ek het mos gesê hierdie verhaal is nog lank nie verby nie!

Gaan loer gerus na ‘The Trend Bespoke Weddings’ op Instagram en Facebook om te sien wat anders ons in die mou voer. 

Deesdae leef ek my droom en nou droom ek slegs daarvan om ander se drome ‘n realiteit te maak.

Die vraag is: Waaroor droom jy? 

‘The Trend Bespoke Weddings’ het al die antwoorde.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Trou Idees