Trou Idees

Leef ’n gebalanseerde lewe

Leef ’n gebalanseerde lewe

Wat is “work-life balance”? 

“Work-life balance” is basies hoe jy jou tyd & energie prioritiseer tussen jou werk & persoonlike lewe. 

Om ‘n balans te handhaaf tussen jou werk & persoonlike lewe beteken nie noodwendig ‘n eweredige verdeling nie. Dit is ook belangrik om te besef dat een persoon se “work-life balance” gaan moontlik anders lyk as ‘n ander persoon sin, want dit is iets wat elke persoon anders kan hanteer en bestuur. 

Uiteindelik is die belangrik om jou “work-life balance” konstant aan te pas by jou prioriteite soos hulle ook konstant verander. 

Hoekom is dit belangrik? 

Dit is baie voordelig om ‘n goeie balans tussen jou werk & persoonlike lewe te hê, want sodoende sal jy sommer meer produktief wees, jou stres sal verminder, jy sal meer betrokke wees by werks aktiwiteite en jy sal ook meer tyd hê vir ontspanning. 

Werknemers wat dit kan regkry om ‘n goeie balans te handaaf tussen werk & persoonlike lewe is ook geneig om gelukkiger, gesonder en meer gefokus te wees. As jy ‘n goeie balans handaaf tussen jou werk & persoonlike lewe, sal jy ook minder siek word en afwesig wees van die werk. 

Hier is ‘n paar wenke om ‘n meer gebalanseerde lewe te lei: 

Beperk nie-belangrike aktiwiteit

Dit is so maklik om die hele dag besig te wees met klomp dinge, maar eintlik niks gedoen te kry nie. 

Dinge soos Facebook, Instagram & eposse, kan ongelooflik baie van mens te tyd opneem en as jy weer sien is jy onder druk omdat jy heeltyd besig was met aktiwiteite wat nie regtig belangrik is nie. 

As jy graag beter wil prioritiseer, wil ek jou uitdaag om al jou daaglikse aktiwiteite te evalueer en dan te bepaal watter van die aktiwiteite die minste produktief is. Probeer dan om die tyd wat jy aan daardie aktiwiteite spandeer te verminder. 

Leer wanneer om NEE te sê

Soos ons al vroeër in hierdie program gesê het: “As jy vir almal JA sê, sê jy vir iemand NEE en daardie persoon is gewoonlik JY.” 

Een van die heel belangrikste lesse om te leer wanneer dit kom by balans, is om NEE te sê. 

Jy hoef regtig nie alles te doen of deel te wees van alles nie. Dit is ook aanvaarbaar om soms “Nee” te sê omdat jy ander verpligtinge het of omdat iets anders belangriker is. 

Ons moet altyd besef dat ons almal slegs 24uur in die dag het en daarom is dit belangrik om baie goeie besluite te maak met die tyd wat jy tot jou beskikking het. 

Vestig grense

Deesdae maak tegnologie dit amper onmoontlik om af te skakel van werk, want d.m.v ons selfone is ons konstant verbind met ons werk. Alhoewel dit vir ons meer buigsaamheid gee t.o.v werk skedules, beteken dit ook dat ons eweskielik nou 24uur per dag beskikbaar is en uiteindelik nie ons werk by die werk los wanneer ons 17:00 huis toe gaan nie. 

Dit is baie belangrik om grense te stel t.o.v wanneer jy beskikbaar is na-ure. Probeer om nie na jou werk eposse te kyk wanneer jy by die huis is nie en probeer jou bes om nie enige epos te antwoord wat in werklikheid maar kan wag tot Maandag of môre nie. 

As jy konstant jouself beskikbaar stel, kan ek jou belowe dat jou werkgewer “advantage” daarvan sal vat en voor jy jou oë uitvee werk jy konstant. 

Neem jou skedule in ag

Die sleutel na ‘n gebalanseerde lewe is om seker te maak dat daar genoeg tyd in jou skedule is vir werk & persoonlike aktiwiteite. 

Maak dit ‘n prioriteit om weekliks na jou skedule te kyk en dan seker te maak dat jy tyd het vir werk & persoonlike aktiwiteite. Indien nodig, kan jy sommer tyd in jou skedule uit blok vir persoonlike tyd, want sodoende kan jy ook verhoed dat jy net heeltyd werk. 

Bespreek jou behoeftes met die mense om jou

Ons is geneig om te dink dat ons die enigste een is wat ons “work life balance” kan vestig, maar eintlik kan die mense in ons lewe ons ook help om dit te doen. 

Deur te praat met jou bestuurder of jou eggenoot, kan jy moontlik sekere verantwoordelikhede skuif na iemand anders of sekere van die aktiwiteite wat nie dadelik ‘n prioriteit is nie eerder later aanpak. 

Die grootste les wat ek geleer het, was dat jy nie alleen alles hoef te doen nie. Sodra jy dit besef, is jy alklaar ‘n tree nader aan ‘n gebalanseerde lewe.

Aanvaar dat jy nie altyd gebalanseerd gaan lewe nie

Al pas jy alles toe wat ons hierbo genoem het, is dit ook belangrik om te verstaan dat jou lewe soms net ongebalanseerd gaan wees en dat dit 100% normaal is. 

Die belangrikste is dat dit net nie vir lang tydperke so moet aanhou nie. 

As mens eers kinders het, gaan mens maar deur fases waar dit net onmoontlik is om heeltemal balans te handaaf en dan is dit beter om vrede te maak met die situasie en net steeds jou beste te doen & gee. 

Wees wel net altyd bewus van jou tyd & liggaam, sodat jy nie toelaat dat ‘n ongebalanseerde tydperk & leefstyl word nie. 

Ons hoop werklik dat hierdie wenke julle sal help om ‘n meer gebalanseerde lewe te lei, want uiteindelik sal dit jou ook in staat stel om ‘n beter Ma, eggenoot, werknemer & vriendin te kan wees vir almal om jou.

Geskryf deur: Laetus Life 

www.laetuslife.com

Trou Idees