Net soos die ou heildronk-liedjie, kan kinders by dosyne ’n omstrede kwessie veroorsaak. Hoe kies jy wie om by jou gastelys in te sluit? As jy iemand nooi om jou troue by te woon, sluit dit ’n plus one, of hulle kinders ook in? Vir sommige paartjies is dit ’n no-brainer – dalk is julle ’n saamgestelde gesin wat reeds kinders het, of julle gaste het jong kinders, maar vir baie mense is die nooi, of nie-nooi van kinders, ’n omstrede saak. Ons het ’n lekker gids saam gestel om jou besluit-proses rondom kinders as
gaste by troues te vergemaklik.

Hoe sê ek op ’n mooi manier, “my troue is kinder-vry”?
Dit is heeltemal aanvaarbaar om jou gaste te laat weet dat jou troue slegs volwassenes kan akkommodeer. As jou seremonie baie formeel is, of jy het ’n beperkte spasie om gaste te verwelkom, kan jy dit só verduidelik. Maar, net soos dit jou voorreg is om gaste te nooi, of nie te nooi nie, het elke gas die reg om te besluit of hulle julle troue wil by woon, of nie. En dan hoef niemand aanstoot te neem nie.
Kyk na jou begroting.
Kindermaaltye word gewoonlik teen ’n afslag bedien. Oorweeg verskillende opsies om te kyk of dit by julle algehele begroting in pas.
Baie liefde, bietjie chaos.
As julle kinders by julle troue verwelkom, moet julle gereed wees vir ’n bietjie chaos. Daar kan elkgeval honderd goed op julle troudag skeef loop. Besluit of julle kans sien om nou en dan te go with the flow, en of julle eerder ’n verfynde atmosfeer wil hê.
Laat hy val waar hy wil!
As julle drank by julle troue gaan hê, oorweeg die tiepe gaste wat julle nooi, en besluit dan of dit beter sal wees as kinders veilig by die huis bly.
Make the circle bigger.
Sommige onthaal plekke het beperkte kapasiteit, nie net met die hoeveelheid gaste wat onthaal kan word nie, maar ook met akkommodasie. Wanneer julle die gastelys saam stel, oorweeg dalk of daar ’n plek is waar die kinders veilig kan slaap terwyl die ouers die dans vloer polish.
Pad na jou hart.
As julle troue op ’n eksotiese, of vêr plek is, of selfs in die buiteland, sal sommige gesinne dalk nie kan bekostig om hulle kinders saam te bring nie.
Pinterest Perfect.
Julle troue is nie vir Pinterest bedoel nie, maar is vol regte mense in die regte wêreld. Wanneer julle die gastelys saam stel, onthou dat kinders ’n groot hoeveelheid lag, pret en atmosfeer tot ’n troue by dra! As julle kies om kinders te nooi, embrace die fantastiese foto’s, skreeusnaakse (en chaotiese) oomblikke, en koester die herinneringe.
Julle is nou familie.
Dalk sien julle nie kans om kollegas en al hulle kinders te nooi nie, maar as jy graag ’n niggie of sussie as blommemeisie wil hê, moenie skroom om julle naaste familie en vriende se kinders deel te maak van julle dag nie. Jy kan steeds vir die ander gaste laat weet dat julle slegs volwassenes nooi.
Rek die Rand.
Sommige gaste kan dalk nie bekostig om spesiaal ’n oppasser vir hulle kinders te huur terwyl hulle julle troue by woon nie. Indien julle kinders nooi, oorweeg dalk om een of twee opassers vir die aand te reel (afhangend van hoeveel kinders daar sal wees), of laat weet ouers voor af dat hulle reëlings moet tref. Julle kan vooraf julle gaste laat weet dat hulle x-bedrag per kind moet betaal vir kindersorg.
Wie se naam kom op die uitnodiging?
Tradisioneel kry elke persoon wat ouer as 18 jaar is, ’n aparte uitnodiging. Maar, jy kan ook kies om die uitnodiging aan die ouers (Meneer en Mevrou Viljoen), die hele gesin (Die Viljoen gesin, en hulle kinders), of die gesin met hulle name (Johan, Anita, en Chelsea) te rig. Die uitnodiging kan dan duidelik merk wie almal genooi word, en jy kan steeds ‘n nota by voeg om te merk of die uitnodiging kinders in sluit, of nie.

Hier is ’n paar lekker idees om kinders by troues te vermaak:
’n Kinderkamer met ’n paar Disney-flieks, bordspeletjies, lekker eetgoed, en ’n betroubare kinderoppasser. Ouer kinders kan dalk ’n aparte kamer kuier.
’n Lucky Packet met eetgoed, ’n inkleur blad, legkaarte of speelgoed.
Huur buitelug-speletjies (soos ’n springkasteel), of ’n arcade masjien.
’n Knip-en-plak hoekie met papier, kryte, en penne.
Huur iemand om gesig verf te doen, stories te vertel, poppekas te hou, of toertjies te doen.
As julle op soek is na betroubare oppassers, oorweeg dit om Rhoda du Plessis, The Wedding Nanny SA te skakel, sodat julle en julle gaste die dag kan geniet en met gemoedsrus weet die kinders is veilig en versorg.
Rhoda du Plessis
The Wedding Nanny