NuSkinovation beveel aan dat jy ongeveer ses maande voor jou troue reeds met goeie velsorg moet afskop om jou vel se voorkoms te verbeter, en troudag-gereed te wees.
Hier is NuSkinovation se raad vir ’n gesonde vel:
Hidreer daagliks jou vel, van binne en buite. Ons stel die gebruik van Lamelle se Hylaronic acid serum voor. Hierdie serum trek vog uit die atmosfeer, en sit dit terug in jou vel. Onthou ook om elke dag genoeg water te drink!
Goeie, kwaliteit, slaap. Maak seker jy kry genoeg, kwaliteit slaap ― ’n moeë lyf is sigbaar op jou vel.
Doen dit lyfie, doen dit. Sluit oefening by jou daaglikse aktiwiteit in, al is dit net om om die blok te stap. Oefening versprei suurstoef na die vel wat die voorkoms daarvan verbeter, en boonop sal die endorfiene jou beter laat voel, en jy sal meer energie hê.
Vitamiene C bou die “anti-aging” selletjies wat keer dat veroudering op jou vel wys. Ons stel voor dat jy ’n Mediese standaard Vitamiene C serum, soos die een wat Obagi bied, elke dag aan sit om die vrye radikale wat deur besoedeling, spanning, stress, en son blootstelling veroorsaak word te neutraliseer.
Voor jy gaan slaap, gebruik ’n mediese standaard Retinol saans. Retinol ondersteun die vel sê vernuwingsproses, wat voorkom dat die dooie selle op die oppervlak van jou vel verdik, dit lig pigmentasie uit jou vel (omdat dit plek maak vir die nuwe vel onder die buitenste dermis), en dit help om “breakouts” te beheer. Retinol stimuleer jou vel se kollageen en elastien produksie, wat veroudering vertraag. Verder verklein Retinol die voorkoms van porieë en verfyn die tekstuur van jou vel, wat jou daai gesonde “glow” gee.
Beskerm jou vel teen die son se Ultra Violet vrystelling. Dra elke dag ’n dermatologies-beproefde sonroom op jou gesig, al is jy nie direk in die son nie. Son blootstelling is een van die hoof oorsake van vel- veroudering. Wanneer jy ’n sonskerm kies, wees op die uitkyk vir ’n sonskerm wat beskerming bied teen UVA, UVB, en HEV (high intensity visible light). HEV strale ding jou vel die diepste binne, en veroorsaak meeste veroudering.
Sit die glow terug in jou vel deur jou vel goed af te skilfer. Kies ’n afskilfering (of peel) wat op die dieper vlakke van jou vel werk, en wees versigtig dat dit nie die buitenste laag van jou vel te beskadig of iriteer nie.
NuSkinnovation gebruik bekroonde Eerste Wêreldse Laser-tegnologie in hul behandelings. Ons is daarop toegespits om die beste en mees doeltreffende kollageenstimulasie, vel-verjonging, verwydering van hare, behandeling van pigmentasie en vel onsuiwerhede te bied. Die lasebehandelings lei tot ’n pragtige, egalige vel, wat gesond voel en jou ’n glow sal gee op jou troudag. Die Kardashian-familie vertrou ons behandelings – jy kan ook!
Kontak NuSkinnovation om ’n afspraak te maak vir ’n gratis konsultasie en vel-analise – die eerste stap om jou vel troudag-gereed te kry!