Trou Idees

Altyd ‘n bruidsmeisie… maar nooit die Bruid nie!

Daai “ons tyd is nie die Here se tyd nie,” is so cliché, maar dis so waar.

Jou vriendinne trou een-vir-een, en jy deel in die vreugde van hulle spesiale dag as Bruidsmeisie, maar nou is jy amper dertig, en daar is nog nie Liefde op die horison nie. Hoe nou gemaak? Carla van Wyk vertel hoe sy haarself voorberei vir wanneer die Here die regte man oor haar pad stuur. 

Jy was al ses keer ’n bruidsmeisie. Is dit vir jou moeilik om moed te hou terwyl almal om jou trou?
Mense love dit om te vra, nou wanneer trou jy? Net soos mens nie getroude mense vra wanneer hul babas kry nie, vra jy ook nie so iets vir ’n single-mens nie. My hemel tannie, as ek net wou trou omdat trou-trou is, kon ek dit lankal doen. Don’t get me wrong, my droomtroue lê my hele Pinterest vol, maar ek dink ek besef net dat die huwelik soveel meer is as ’n volgende stap, of daai droom-dag. Boer soek ’n Vrou sou my ook nou al die afgelope vyf seisoene kon sien, maar ek het net nog nooit gevoel dathierdie-die-een is nie. Om ’n bruidsmeisie vir my vriendinne te wees was nog nooit vir my die moeilike deel nie. Inteendeel, dit is vir my ’n groot voorreg, en ek huil altyd my oë uit omdat ek net so dankbaar en opreg bly is dat hulle geluk kon vind. Ek geniet gelukkig ook ’n troue te veel om vir ’n oomblik dit oor my te maak en te sulk oor wanneer dit bietjie my beurt is. Dis soms ’n stryd om ’n date op te spoor vir ’n troue. Ek vra baie vir die Here hoekom ek die enigste een is wat nog single is. Ek kuier alleen by familie en vriendinne (en hulle mans). Daar is altyd een opgerolde handdoek, en een tjoklit. Desember vakansies saam my familie is fantasties, maar ek moet altyd op my eie planne maak, want almal anders het iets aan saam met hulle mans, familie, of skoonfamilie. Ek verstaan dit, maar dis nie lekker nie. Ek huil soms lekker lang trane. Dis maar so op-en-af storie. Ek worstel baie met die gedagte dat ek die een was wat op 22 nie meer wou uitgaan, drink of kuier nie, maar, dan is daar “Susan” wat heel verlore is, en sy ontmoet haar trou man. Dan moet ek myself net weer oortuig dat my wag, die wag werd sal wees. Daai “ons tyd is nie die Here se tyd nie,” is so cliché, maar dis so waar. Die Here sien ons seer, en ek dink dit maak Hom ook seer, maar ek dink Hy sien alreeds die groter prentjie en Hy gebruik hierdie seisoen van ons lewe om ’n dieper verhouding met Hom te vorm en jou gereed te kry vir die seisoen wat voorlê. 

Hoe dink jy sal jy weet dat God die regte man oor jou pad gestuur het?
As daar nou een ding is waaraan ek myself troos, is dit dat God se planne vir my soveel groter is as wat ek self oor kan droom. So, dan gaan die man mos my voete onder my uitslaan! Ek glo ek sal net weet. Wanneer iets (of iemand) van die Here af, is het mens rustigheid en vrede in jou hart. Wanneer jy meer vrae as antwoorde het, is dit tien-teen-een nie die regte een nie. Die regte man sal jou persue ook. Een ding wat ek nou al besef het – as jy eers begin wonder of ’n ou in jou belang stel of nie is hy heel waarskynklik nie ernstig oor jou nie. Daar moet geen twyfel by jou wees dat jy persue word nie. Ons kan ook bid dat die Here mense uit ons lewe moet hou wat nie vir ons bedoel is nie. Niemand is lus vir onnodige hartseer en drama nie. Jy blokkeer elkgeval die pad vir die regte man wanneer jy die verkeerde een entertain. Onthou ook net altyd dat jy die persoon moet wees, wat jy graag sal wil date, so werk aan jouself terwyl jy wag.

Watter eienskappe wil jy graag in ’n man hê?
As ek nog een keer hoor ek is picky, is dit seker die vyf-duisendste keer wat ek dit hoor. Ek glo eerlik nie dit maak my picky om nie te settle vir iets wat ek nie verdien nie. My man moet ’n goeie hart hê en net ’n genuine ou wees. Die belangrikste is dat hy uitgesorteer moet wees en weet wie hy is. Ek is op soek na ’n beste vriend wat emosioneel volwasse is, my intelektueel kan uitdaag, ambisieus is, goed kan kommunikeer, wat ’n verhouding met die Here het, en my laat lag. En hy moet kan vas-dans!

Wat is jou stokperdjies? Wat doen jy graag oor naweke?
Ek spandeer so veel moontlik tyd saam my mense. Ek geniet dit om te chill en net te herstel ’n rowwe week. Ek hou daarvan om aktief te wees, en gaan stap of hike graag, ek gaan na markte toe, toets nuwe plekke uit, of doen graag iets opwindend. Sondae is my kerk-en mall dag.

Watse raad het jy vir enkel-vroue?
Ek weet nie wie het besluit dat daar fout is met single wees nie. Die wêreld maak dit ’n slegte ding. Laat ek jou nou sê, ek dink dis van die spesiaalste tye in jou lewe wat jy nooit weer gaan hê nie. Dis soms scary, as ek so lekker chill, series kyk, eet, en doen wat ek wil, om te besef ek kan letterlik môre my man ontmoet, en dan gaan ek vir die res van my lewe nie meer so selfsugtig kan wees nie. Gebruik die fase om jouself te leer ken; wees gelukkig met jou eie geselskap; groei in jou menswees. Leef in die nóú ― die Here sit jou daar vir ’n rede. Dis ook die ideale tyd om werklik te werk aan ’n verhouding met die Here, want kom ons jok nou nie vir mekaar nie, maar ’n verhouding met jou maat vat baie van jou tyd, en mens is geneig die Here af te skeep. Jy kan nie verwag dat, as jy jou persoon ontmoet, julle saam gaan werk aan jul verhouding met die Here nie. Jy moet reeds so gevestig wees in Hom dat jou verhouding/huwelik net kan floreer teen die tyd wat julle ontmoet. Hulle sê ’n verhouding is 50/50, maar wie wil nou ’n halwe persoon hê? Werk aan jouself sodat jy 100% kan gee in ‘n huwelik. Sit jouself daar buite, kom uit, doen dinge. Indien jy nie wil/kan uitgaan nie is dit ook okay. Die Here skryf cool stories en Hy sal plan maak. Jy kan nie wag vir iemand om jou te kom red nie. Maak die lewe vir jouself lekker en embrace die seisoen waar in jy is. Dink net hoeveel tyd van ons lewens mors ons deur te sit en wag! Julle, die Here wil vir ons alles gee wat goed is, en dit in oorvloed! Hy ken ons grootste hartsbegeertes. Ons gaan Hom moet vertrou vir Sy groter plan, en dat Hy iemand oor ons pad gaan stuur wat Hy vir ons wil hê. Wat help dit ons raak ongeduldig, volg ons eie kop en eindig met die verkeerde person op wat nie van Hom af is nie? Ek belowe jou ― ’n crappy huwelik gaan teen keer erger wees as single wees. Ek dink dit sê flippen baie van jouself as jy op jou eie kan wees, tyd met jouself kan geniet, en nie afhanklik is van ’n ander persoon vir geluk nie. Om van een verhouding te spring na ’n volgende doen meer sleg as wat dit goed doen. Hoe beter jy jouself ken, hoe meer gaan jy jou waarde besef en hoe minder gaan jy settle vir enige iets minder as wat jy verdien.

Watter einskappe het ’n goeie bruidsmeisie?
Gelukkig was ek nog nie vir iemand bruidsmeisie met wie ek nie al ’n lang pad stap en werklik goed ken nie. So eerstens, ken jou bruid. Weet wanneer sy gespanne is en wat haar sal help om stres te verlig ― check in en vra of jy met iets kan help. Wees vir haar ’n klankbord wanneer sy bietjie wil af pak. Op die trou dag is jou werk om haar dag net nog lekkerder en makliker te maak. Jy gaan uit jou pad uit om haar soos ’n prinses te laat voel. Dis nie jou dag nie, jy is welkom om opinies te gee indien sy daarvoor vra, andersins gaan jy met wat sy wil hê. Reël haar Kombuistee en fokus daar op dat dit spesiaal moet wees, eerder as net fancy. Hou vir haar ’n Bachelorette wat pas by haar menswees. As sy dit geniet om te dans, maak jy seker jy skep daai vibe vir haar. As sy geniet om rustig te pizza-en-wyn, dan reël jy dit vir haar. Jy wil die atmosfeer so lig en vrolik as moontlik, hou sodat dit ’n dag is wat sy sal onthou vir al die goeie goed, en nie die drama en probleme nie. Dis eintlik eenvoudig. Wees die bruisdmeisie wat jy eendag vir jouself ook sal wil hê.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

ons gevorderde soek-enjin