Voor jy jou oë kan uit vee, is Januarie weer hier, en keer die kinders terug skool toe. Om ’n gabalanseerde kosblik te pak is vir baie ouers ’n uitdaging. Maar, om dié takie te vergemaklik, deel Nutrimom, Elize, ’n paar handige riglyne.
’n Kosblik met natuurlike kosse is die beste vir jou kind se ontwikkeling. ’n Gebalanseerde kosblik bevat ’n goeie kombinasie van proteine, komplekse grane, groente, vrugte en gesonde natuurlike vette. Probeer weg bly van geproseseerde produkte soos chips, kits, bars, en koekies. Mens kan natuurlik baie van hierdie maklik-om-te-pak bars self maak – soek gerus op Pinterest vir ’n paar idees en resepte. Hou dit kleurvol en speels. Laat jou kinders help om te besluit wat hulle in hulle kosblikke wil hê om te eet, en laat hulle jou help om dit te pak.



Proteïne soos eiers, biltong, en repies hoender help jou kind om spiere te bou. Eiers is ryk aan nutriënte aan en Vitamine D, B2, en Selenium. Eiers is ook ’n goeie bron van proteïne, dit verhoog goeie cholesterol vlakke, en is vullend. Die Choline in eiers ondersteun brein ontwikkeling en eiers bevat ook anti-oksidante wat okkulêre gesondheid bevorder.
Bloubessies, aarbeie, frambose, en bosbessies is supperkosse met fitochemikalieë-antioksidant-ryke plant verbindings wat jou lewer ondersteun om gifstowwe af te breek, wat jou jou liggam beskerm teen vrye radikale. Verder verminder hierdie superkosse die werking van oksidatiewe stres – die simptome van hierdie stres kan gekoppel word aan toenemende risiko vir chroniese siektes en premature veroudering. Navorsing op antosianien en polyfenol wat in hierdie bessis voor kom, toon dat hierdie soeper-kos die verspreiding van kanker selle in die lewer kan inhibeer.
Appels, net soos bessies, bevat kragtige fenoliese verbindings, insluitende flavonoïede, wat inflammasie kan teë veg. Dit bevat ook pektien, wat ’n waardevolle bron van oplosbare vesel is – dit help weer om gifstowwe af te breek.




Tamaties bevat die antioksidant likopeen wat kanker-risiko verminder. Jy het dalk groot geword met die idee dat lemoene die meeste Vitamien C bevat, maar tamaties het meet Vitmamien C as lemoene, en die inname van hierdie viramien kan help om gesonde slaap te bevorder. Tamaties help ook om sterk, gesonde beendigtheid aan te moedig, te danke aan die vitamien K en kalsuim daar in. Tocopherol is nog ’n kragtige antioksidant wat in tamaties voor kom, en is veral belangrik vir vroue se gesondheid.
Neute is ’n belangrike bron van gesonde vette en olies, asook protiëne. Neute ondersteun die brein, aangesien hierdie orgaan 70% lipied is. Vette is ook nodig vir die sintese van sekere hormone, omdat hierdie vette help om proteïene en vetoplosbare vitamiene te verteer en normaliseer die werk van die dunderm. Hulle help om
cholesterol-vlakke te stabiliseer, jou vel gesond te hou.
Hummus bevat onder andere sesame saad, keukerertjies, en olyf olie; dit bied jou liggaam klomp gesonde voedingstowwe. Wanneer jy hummus eet, gee jy jou liggaam gesonde vesel, gesonde vette, baie min suiker en gesonde koolhidrate. Die vet in hummus is ’n kombinasie van poli-onversadigde vet en monoonversadigde vet. Albei hierdie vette help om jou hart gesond te hou. Jy sal ook jou veselinname effens verhoog as jy hummus eet. Vesel help jou versadig of bevredig te voel nadat jy geëet het.
Daar is ’n groot verskeidenheid wraps, tortillas, of pitas beskikbaar, en dit is maklik om by ’n gesonde kosblik te inkorporeer. Wees op die uitkyk vir groente wraps, dit bevat gewoonlik wortel en beet, en is dikwels graan-vry. Graan-vrye opsies is ook goed vir kinders wat sensitief is vir gluten. Ander wraps bevat bestanddele soos quinoa, chai sade en volgraan meel, en is gewoonlik ’n meer nutriënt-ryke opsie as verfynde meel wraps.
Elize Janse van Rensburg
As jy op soek is na nog idees om bietjie variëteit en afwisseling in jou kind se kosblik te skep, bak gerus ’n paar plaatkoekies met Elize se gesonde, maklike resep. Jy en jou gesin kan dit selfs ’n Saterdag-oggend ontbyt kwaliteit-tyd bak-en-brou aktiwiteit maak.
Die oulike kosbliknotas wat jy op die foto sien, is hier beskikbaar.