Trou Idees

Meer oor Ons


Ons Missie

Trou Idees verleen hulp aan bruide, amper-bruide en verskaffers in hul soeke na trou-, huweliks-, verhoudings- en funksie-verwante items, raad en idees vir troues en funksies. En dit boonop in Afrikaans!

Ons Visie

Trou Idees wil graag die nommer-een bron van inligting wees vir bruide in die beplanning vir hulle troudag. Dit sluit alles in van die verlowing tot by die troudag en selfs belangrike sake vir pasgetroudes.

Trou Idees wil aan bruide die geleentheid gee om anoniem vrae te vra oor enige trouverwante kwessies sonder dat hulle geviktimiseer of verneder word. Dit is dan ook die platform om raad en vrae oor kwaliteit van dienslewering te vra aan ‘n wye en behulpsame gehoor.

Die toekomsplan vir Trou Idees is om aan bruide die geleentheid te gee om oor hulle troues en liefde te spog, maar ook vir voornemende bruide om bewus te wees van die uitdagings wat met die beplanning vir ‘n troue gepaardgaan. Ons wil graag deur gereelde artikels met insette van kenners vir bruide raad gee oor hoe om enige trouverwante kwessie te hanteer.

Verder wil Trou Idees ook die eerste en mees effektiewe plek wees waar kwaliteit diensverskaffers en venues hulle produkte en dienste adverteer.

heart, key, rose

Ons Riglyne

Advertensies word SLEGS op Maandae onder ons ADVERTENSIE-status toegelaat. Trou Idees sal jou advertensie verwyder sou dit op enige ander dag geplaas word

Om iets anoniem op die Facebookblad te plaas, gaan na die Teken in-afdeling op die webwerf en registreer deur die nodige inligting in te vul of deur jou Facebook-profiel te gebruik. Sodra jy geregistreer en ingeteken het, sal jy onder die My Profiel-afdeling die Vra jou vraag-opsie kry. Tik jou vraag en klik dan op Vra jou vraag. Jou boodskap sal binne vyf minute op die blad verskyn.

Onthou om nie SMS-taal te gebruik as jy iets op ons blad wil skryf nie. Daar is van ons lede wat bietjie van die ouer garde is, en selfs ons admin, verstaan nie altyd van die “woorde” wat gebruik word nie. Afrikaans is so ‘n mooi taal, kom ons gebruik dit reg!

Wanneer iemand ‘n vraag vra (bv. Wat dink jy van Bennie Boekwurm Fotografie?) moet asb NIE die post annekseer en JOU dienste of 'n ander diensverskaffer se dienste adverteer NIE. Dit is onvanpas, swak Facebook-etiket en ook nie wat die lid gevra het nie. Sulke 'comments' sal dadelik afgehaal word. Geen negatiewe kommentaar oor 'n persoon of besigheid sal geduld word nie.

Let daarop dat Trou Idees GEEN verantwoordelikheid of aanspreeklikheid aanvaar vir enige verlies of skade aan jou as persoon, jou besigheid of eiendom nie. Elke lid gebruik hierdie blad op eie risiko. Stellings op die blad is nie noodwendig die siening van Trou Idees nie. Vir volledige terme en voorwaardes gaan na -http://trouidees.co.za/termes-en-voorwaardes/

Trou Idees