Alicia & Dawie {Rustic Plaas}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Alicia Kasselman
  • Naam Van Bruidegom: Dawie Kasselman
  • Datum en Tyd van troue: 31 Mei 2014 15:00pm
  • Venue/plek van troue: Stukkies&Stokkies Heidelberg
  • Aantal gaste: 70

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Sheryl By Chrio Meros Events
  • Fotograaf: Estie Dercksen Photography
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Simri Bridal Boutique, Bruidsmeisie Rokke Oriental Plaza Fordsburg
  • Bruidegom en mans pakke: Oriental Plaza Fordsburg
  • Blomme : Gypsy Purple & Creations de Splendeur
  • Dekor: Self
  • Koek: Spongy Cakes
  • Spyseniering: Self
  • DJ: Ama Promotions

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het by my (Bruid) se werk ontmoet in 2011, Dawie was a pasient by ons en sy oudste suster werk ook by een van ons takke.
  • Hoe lank het julle mekaar geken: ons ken mekaar nou 3jaar
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ons was weg saam met vriende vir die lang naweek in 2013 en ek het met a vriendin se dogtertjie gespeel wat toevallig baie na my lyk, hy het eenkant gesit en my toe geroep en gese “ons moet trou” “ek wil geen ander vrou he nie en jy moet die ma van my kinders wees” ons is nie baie formele mense nie, so dit was nie op die kniee en romanse nie, als is “spur-of-the-moment”
  • Die troue (van a-z): Ons sou in November 2013 trou, maar geld was toe a probleem en ons het dit eers gelos, in Januarie was die “win a wedding” kompetisie op facebook en Dawie het besluit ons moet inskryf, so ons het toe die kompetisie gewen op 30 Maart en die datum was vas vir 31Mei (min tyd). Dit was a vreeslike gejaag om als gedoen te kry, skoonma het hand bygesit met die maak van die dekor en die mans het die kos uitsorteer, ons het een hoender en een bees potjie gemaak, die gaste was mal daaroor. Vorrgereg was net versnaperings en sjerrie aangesien dit a winter maand is. Alles was a reuse sukses en ons kon nie vir beter vra nie, ek was vreeslim haastig in die paadjie af om met die liefde van my lewe te trou (my arme Pa moes net drafstap).
  • Raad vir toekomsige bruide: Moenie teveel stres nie, alles is perfek al loop dinge verkeerd, dis JULLE dag en niemand anders hoef daarvan te hou.
  • Die beste deel van jul troudag: My man se gesigsuitdrukking elke keer as hy vir my gekyk het en die heel beste, Om te se “I DO”