Alida & Francois {Country Cowboys}

 

Peroonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Alida Britz
  • Naam Van Bruidegom: François Bezuidenhout
  • Datum en Tyd van troue: 08 Desember 2012
  • Venue/plek van troue: Tussen-i-bome gasteplaas
  • Aantal gaste: 80 maar 90 het gekom

 

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Ons het alles self gedoen saam my ouers en skoon ouer, die aand voor die tyd sodat almal die saterdag kon rustig wees.
  • Fotograaf: Annelize du Toit 082 336 5037
  • Bruid en bruidmeisie rokke: My rok is gehuur by: Alma-Jeanne’s Fashions & The Bridal Boutique en die bruidsmeisies gekoop by ‘n chinese winkeltjie en dis iets wat hul weer kan drae.
  • Bruidegom en mans pakke: Truworths man
  • Blomme : Ons het net twee ruikers gehad, een op ons tafel en een hand ruiker
  • Dekor: Ons tema was Western Country Cowboys almal moes jeans, hoed en bootse gedress het. Ons het elke maand voor die troue 2 yster pampoene vir die tafels gekoop en vir die golden oldies wat troue toe gekom het uitgedeel… Dn het ons konfyt vir die gaste gegee wat gelees het: “wham bam thank you jam”. Dan het ons nie kerse nie maar olie lampies op die tafels gesit.• Koek: Ons het n gewone cupcake stand gehad – almal het die cupcakes weg gedrae niks het oorgebly nie
  •  Spyseniering: Die venue het cowboy kos gemaak vir ons tema –

Ek het worsbroodjies en gas koeldrank voor die seremonie bedien deur die venue want meeste van my gaste was bejaardes of van ver. En die kinders was ook nie lastig en honger tydens die seremonie nie. Ons het op die trou program 16:00 gesit maar die troue was eintlik 16:30 so almal was betyds .Lekker boontjie slaai ook – ons het uit blik bekers (vir sjampanje) en blik borde vir die gaste bedien. Niks het gebreek nie en ons het niks inbetaal nie.

My signs is gedoen deur Jason: 082 796 0534 ons het regtig baie goeie diens by hom gekry.

Moet ook noem die dames wat my so goed laat lyk het vir die dag:

Mandie bezuidenhout by [email protected]@gmail.com, Sel: 012 803 3515

Marie Eloff, Owner – Alma-Jeanne’s Fashions & The Bridal Boutique, 012-5480078, 083 272 7474, www.bridalcorner.co.za, www.facebook.com/almajeannesfashions.

Jeanne-Marie Eloff, Willa Krause Beauty Salon, Owner & Maketing Manager, Tel: 012 548 7252, Cell: 076 1744 234 , Fax: 086 2639 643

 

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ek het by François se ma gehuur in die selfde huis en na 2 maande het sy ons aan mekaar voorgestel. Weens omstandighede aan sy kant kon ek hom net naweke op n sondag vir een uur sien en moes ek 6 maande vir hom wag. Ons het die dae soos “99 red balloons afgetel”. Ons het mekaar gedurende die tyd regtig baie goed geleer ken.

 

  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons is nou amper twee jaar saam en dit voel al soos n leeftyd.

 

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ek het François op skrikkel dag gevrae om met my te trou sommer een middag uit die bloute.

 

  • Die troue (a-z): Ons almal het dit vreeslik geniet my gaste ook . Ons het die gaste rooi ballonne gegee om self op te blaas vir ons konfetti en hulle het ons daarmee gegooi en ons gevrae om dit te bars ( dit was nie deel van my beplanning nie maar dit was vreeslik lekker). Daar was n swembad langs die venue en ek het die kinders gelos om te swem. Ons het vir hul emmertjies gemaak met lekker sweeties en op die tafels vir hulle gelos – en was hulle nou aangenaam verras hoor! Ons het nie n tafel beplanning gehad nie en die gaste kon sit waar hulle wou – en hulle het heel aand rond geskuif na verskillende tafels.
  • Raad vir toekomsige bruide: Geniet elke oomblik dit gaan so gou verby. En as jy alleen by jou bruidtafel sit en dink jou gaste geniet dit nie, kyk rond en sien hoe lekker hulle dit eintlik geniet. En maak tyd om saam almal bietjie tyd te spandeer deur die dag.

 

  • Die beste deel van jul troudag:  Dit is nie een van ons se eerste huwelik nie, en ons het al twee kinders, so ek het hulle deel daarvan gemaak.
  1. My seuns en kleinkind het ingekom met die lied: Mammas don’t let you babies grow up to be cowboys”
  2. Toe het François ingekom met: “Generaal, Generaal ek kom jou dogter haal” hy het nog net sy ma en sy het hom ingebring. Dit was vreeslik mooi
  3. Toe het ons meisie kinders in gekom met Snotkop se song vir my dad want hy het toe reeds voor gestaan vir hulle.
  4.  En ek het laaste ingekom met: Charoit of fire en dit het die gaste laat kalmeer voor die diens begin het.

 

 

%d bloggers like this: