“Ander” Valentyn Romanse

anders

Foto: Lady T Photography

 

Die winkelvensters is ingekleur met rooi, wit en pienk harte. Hartjie sjokolade in blink papier word in die winkels uit gestal. Klein rooi nommertjies vir ‘n ander tipe bederfie hang verleidelik aan die hangers… ja, die liefde is in die lug.

Dit is ‘n heerlike gevoel… liefde. Alles lyk mooier, voel lekkerder en alles proe sommer anders… dit is net verstaanbaar dat jy jou ander helfte wil bederf maar jy het lus vir iets anders, steeds spesiaal, maar anders.

Gaan Fliek! Doen dit wat mense gewoonlik doen. Hoe is dit anders? Dit is anders juis omdat mense altyd geneig is om te soek na “iets anders” om te doen dat die gewone goed een kant toe geskuif word.

“Vir Altyd” is ‘n Arikaanse fliek wat die 12de Februarie 2016 in teaters te sien sal wees. Dit is die opvolg van “Pad na jou Hart” en beloof om ‘n lieflike en genotvolle ervaring te wees wat deur baie geniet kan word. Sien die lokprent hier: Vir Altyd Fliek-Lokprent.

Moet ook nie vergeet van Piekniek nie. ‘n Mandjie vol lekkernye en vonkelwyn is reeds ‘n plus punt in baie mense se boeke. Hou die piekniek in die nag, onder die sterre. Bietjie koud? Bring daardie snoesige kombers saam en geniet die koue lug saam jou ander helfte.

Dalk is dit nie so mooi aand nie en Moeder-natuur besluit om die aarde bietjie nat te maak – skuif die hele piekniek na binne! Sien die volgende prentjie in jou kop: Jou ander helfte is geblinddoek en word gelei na die leefarea in julle woonplek. Sagte musiek gaan iewers aan om ‘n romantiese atmosfeer te skep. Wanneer jou ander helte se oë oopgaan is daar oral flikkerende kersliggies wat die romantiese atmosfeer net verder bevestig. ‘n Feesmaal van verskillende kase, sjokolade, kouevleise, warm southappies ens is op ‘n kombers in die middel van die leefarea uitgepak en die vonkelwyn borrel lewendig!

Dit is genoeg om enige iemand spesiaal te laat voel. Dit is genoeg om iemand te wys jy het hulle lief en dit is tog wat die eintlike mikpunt van Valentyn’s dag is – is om iemand anders spesiaal te laat voel.

Moenie bang wees om terug te keer na die idees wat “werk” nie. Valentyn’s dag is reeds spesiaal as jy die kans kry om dit saam ‘n geliefde te spandeer. Onthou ook dat jou Valentynsdag sal altyd anders wees as iemand anders s’n want mense is verskillend. Ja, julle het dalk ook gaan fliek maar julle geselskap is anders en jou  ander helfte is anders as iemand anders se geliefde. Soms beteken “anders” nie om altyd uit die boks idees te hê nie maar dit beteken eerder om dit wat reeds “anders” is raak te sien, te waardeer en lief te hê.

Wees deel van die gesprek:

  • Wat maak jou en jou ander helfte anders?
  • Wat maak julle verhouding anders?
  • Wat maak jou anders?

 

Artikel deur Lady Temcke 

%d bloggers like this: