Andrea & Michael {Franse Vintage}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Andrea
  • Naam Van Bruidegom: Michael
  • Datum en Tyd van troue: 29 Maart 2014 om 03:30
  • Venue/plek van troue: Galagos Country Estate
  • Aantal gaste: 140

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Lorraine Ehlers – Papilio Designs
  • Fotograaf: Stefan Louw – KorinKriek
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Bruid – Maggie Sottero (Phoebe) deur Amante Bruidsmeisies: Love and Lace
  • Bruidegom en mans pakke: Black Tie
  • Blomme : Papilio Design
  • Dekor: Papilio Designs asook Lily Young (Stationary)
  • Koek: Deon Swart – The Cake Genie
  • Spyseniering: Galagos Country Estate

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het op skool ontmoet – Hy was ‘n nuweling, ons het vriende geraak en was toe dol verlief op mekaar. Hy is ‘n jaar ouer as ek en hy was toe universiteit toe en ek was in matriek, die jaar daarna is ek ook universiteit toe – ons het klaaar geswot en het toe Pretoria toe getrek, ons het nog so twee jaar gewerk toe hy my vra om te trou – ons het 10 jaar uit gegaan voordat ons getrou het….

 

  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons het mekaar Jan 2004 ontmoet – 9 jaar later (27 Maart 2013) het ons verloof geraak en ‘n jaar daarna (29 Maart 2014) het ons trou beloof voor God en ons getuies.

 

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): My tweede helfde moes vir 6 maande in die Kaap gaan werk het… Met genade van bo kon ek so een keer ‘n maand vir hom gaan kuier en hy kon een keer ‘n maand huis toe kom. Elke keer as ek gaan kuier het hy iets beplan sodat ons die kaap bietjie kon verken – so ek het niks verwag toe hy my vra nie, het net gedink dit is nog ‘n special daggie saam MAAR nie verwag dit gaan SO special wees nie. Hy het vir 4 maande aan die dag beplan…vir twee weke praat hy met pilots oor die weer – om te weet of die onvoorspelbare kaap weer perfek sal wees vir die 27ste April, (dit was die week wat ek by hom sou gaan kuier) en die weer was presies dit, PERFEK… toe hy my by die lugahwe kom optel, se hy dadelik vir my dat hy vir ons ‘n vliegtuig rut bespreek het laat middag terwyl die son sou sak…hy se ook dadelik vir my hy weet nie hoeveel mense op die vlug gaan wees en of dit net ‘n 4-sitplek vliegtuig is nie…Ek was SOOO opgewonde. Die daggie het begin by die Spier-wynland en toe vertrek ons na Jc Le Roux toe, iets wat ek nog altyd wou doen en dit saam baie goeie vriende en my kerel (toe nog). Hulle (ons vriende nou) speel heeltyd saam en se hul gaan na ‘n familie braai toe nadat ek heeltyd aan hul karring om saam te kom vlieg – min weetend is hulle eintlik deel van die beplanning… Ons vriende ry toe na die “familie-braai” toe en ek en Michael vertrek na die lughawe om te gaan vlieg – daar aangekom vat die een pilot my na so klein kantoortjie toe om vrywaringsvorms in te vul, in die tyd gee Michael vir die ander pilot die ring wat ‘n vriendin vir my gemaak het (wat ek ook niks van geweet het nie) en gee ook die kar se sleutels vir die pilot om ‘n bottle sjampanje uit die kar te gaan kry vir as ons land wat ons die dag by J.C Le Roux gekoop het. Die vriende het als gaan reg kry en met 300 wit en geel emmertjies en kerse in die emmertjies op die strand in Grotto bay geskryf “trou met my”… het ek gese die weer was perfek??Ek en Mike is met “all excitement” weg om te gaan vlieg…ons klim in die vliegtuig ALS perfek, weer ingesluit-so ry ons in die paadjie af- die pilot toets die enjins en skakel die kontrole kamer om te hoor of ons kan opstyg-glo dit of nie-tot ons verbasing en Mike se teleurstelling (na AL sy moeite) is die onvoorspelbare Kaap in 10 min OP gemis en is ons vlug gekanseleer. Ons neem maar ‘n fotokie in die vliegtuig en Michael en een van die einste vriende gesels met mekaar oor die foon en ek hoor net Michael se “ek hoor jul braai is gekanseleer as gevolg van die weer” en hy vra toe “wat maak jul”?…) hy sit die foon neer en se vir my hul loop op die strand en se ons moet hul daar kry… (ek val natuurlik vir als en se dis reg). Daar gekom haal Michael ‘n bottel sjampanje uit die kar en ons loop toe om ons vriende op die strand te kry. Ek loop en soek maar sien nie ‘siel’ op die strand nie… net sulke snaakse geel en wit goed op die strand (neem in ag dat dit HUGE geskryf is want ek moes dit uit die lug uit lees). Mike se nogal “ek wonder wat is dit” sodat my aandag op dit gefokus is. Ek moes 3 keer kyk om reg te kon lees… en al wat ek kon uit kry was “bekkie”????? Hy het op sy knieg af gegaan en my die GROOOOT vraag gevra…ek het gesukkel om die JA word uit te kry omdat die oomblik so groot was en net my hand uit gehou – hy het die ring so voor my vinger gehou en gese “ek gaan nie hom aan sit tot jy nie ja se nie” . Hy het vir ons ook bespreek by n restaurant op die waterfront en ons het toe die aandjie afgesluit in die big wheel van kaapstad… meer as wat n meisie van kan droom.

 

  • Die troue (van a-z): Ons het die mooiste hout uitnodigings gehad. Ons het by Galagos Country Estate getrou…als het perfek uitgewerk soos dit moes. My rok was stunning!!! Die senuwees was maar hoog, tot ek voor die deur gestaan het om by die kapel in te stap – my man se gesig toe hy my sien het boekdele gespreek… Ons Dominee het die mooiste preek gelewer, dit het gevoel of dit net ek en my man en God daar betrokke was vir daai oomblik – so intiem. Voor en na die diens was daar Viool gespeel om die mense te vermaak – ons het ook ‘n skotse bagpiper gehad wat die mense na die troue in die paadjie af begelei het met “Scotland the Brave”. Ons konfetti was bubbles wat met ou gemaakte sleutels se agterkant geblaas was en die liedjie “bonfire heart” het gespeel. Die onthaal saal was sprokies mooi. Die bagpiper het ook vir ons “Flower of Scotland” gespeel waar ek en my man weerskante met trappe van bo af in die saal ingestap gekom het. Toe ons die dansbaan open met Riana Nel en Bobby van Jaarsveld se “Liefde kom net eens in ‘n leeftyd” toe het daar roosblare by die dak af geval. Die kos was fantasties!!.Ons het vir die gasste sleutelhouers met hul name (wat ook as tafelplasings gedien het) as geskenkies gegee. Die onthaal saal het 12uur toe gemaak waarna die mense buite toe beweeg het na ‘n “bonfire” toe en kon verder daar verversings geniet het asook marshmallows kon braai. Die mense het die troue vreeslik geniet, van die mense het gedans tot die son opkom. Die was behoorlik ‘n “fairy tale” troue.

 

  • Raad vir toekomsige bruide: Ek het nie ‘n videograaf gehad nie en ALS van die dag was sooo perfek dat mens dit regtig MOET vasvang – Mens kry deesdae die “snap videos” wat letterlik die HELE troue se hoogtepunte vasvang in net 5 min – my hart is vreeslik seer dat ons dit nie gedoen het nie – knyp oe toe en betaal maar daai geldjies (dit is baie ek weet) maar ek wens ek kon tyd terug draai om dit te he… en soos hulle se neem ALLES in tyd gaan REGTIG so vinnig verby soos hulle se, dit is nie ‘n joke nie!!!!

 

  • Die beste deel van jul troudag: ALLES was – die kuier, die dekor, die kos. ALS!!! Maar vir my EERLIK, was die diens ‘n hoogte punt – ons het as twee in die kerk in gestap en om as een mens daar uit te stap omdat ons ‘n belofte voor God gemaak het is onbeskryflik. En dan om nie eers te praat van my man se “speech” nie…dit was SO spesiaal.