Anè & Johan {“country” tema}

 

Persoonlike Inligting:

• Naam van Bruid: Ané Venter (Swanepoel)

• Naam Van Bruidegom: Johan Venter

• Datum en Tyd van troue: 3 Mei 2014, 15:00

• Venue/plek van troue: Avanti – Zeerust

• Aantal gaste: 88

 

Diensteverskaffer Inligting:

• Trou Koordineerder: Bruid en Bruid se ma het alles behartig

• Fotograaf: Antonie Minnaar van Endless photos music & DVD’s.

• Bruid en bruidmeisie rokke: Bruid se rok gemaak deur Caroline Barnard in Phalaborwa,

Bruidsmeisies het self hulle rokke laat maak.

• Bruidegom en mans pakke: Bruidegom & Strooi jonkers se klere – eie. Onderbaadjies gemaak

deur Caroline Barnard in Phalaborwa

• Blomme : Avanti

• Dekor: Avanti & Bruid

• Koek: Christine Harris, Hoofstrooimeisie & jarelange vriendin van my

• Spyseniering: Avanti

 

Oor die bruidspaar:

• Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het in 2011 op ‘n internet dating site begin gesels, ons altwee het in dieselfde dorp gebly, maar nooit uitgegaan en mekaar ontmoet nie. 2 Weke nadat ons begin gesels het, het Johan my gevra om by hom te kom koffie drink, ek was nie vreeslik lus nie, aangesien ek laat werk en vuil was. Dit het hom egter nie gepla nie, en hy het bly aandring. Ek het gaan koffie drink, wat eintlik net ‘n vinnige kuier moes wees, het aangehou tot 00:30 die oggend. Ons het mekaar vir 2 weke daarna nie gesien nie, het wel elke dag met mekaar gepraat. Hy het my weer genooi vir koffie en van daardie dag af was ons permanent bymekaar.

• Hoe lank het julle mekaar geken: Ons het mekaar presies 2 weke geken toe hy my gevra het om sy meisie te wees. Ons het 2 jaar en 2 maande uitgegaan voor ons verloof geraak het.

• Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ons het die Vrydagaand gewag vir familie om te kom kuier, die vuur was klaar aangesteek en ek wou begin om van die bykosse reg te kry vir indien die kinders honger is wanneer hulle by ons stop. Johan het baie op sy senuwees gelyk, maar ek kon nie verstaan hoekom nie, ek het gedink dit is maar opgewondenheid oor die familie se kuier. Terwyl ek besig was om my hande te was, het daar ‘n liedjie oor die tv gespeel, ek het vir Johan gesê dat dit ‘n baie mooi liedjie is, hy het verdwyn. Die volgende oomblik het hy voor my kom staan, my gesoen, baie senuweeagtig gelyk en gevra of hy my iets kan vra. Hy het op sy een knie afgesak en my gevra om met hom te trou. Ons was altwee daarna in trane gewees.

• Die troue (van a-z): Omdat Johan & my pa nie mense is wat hou van dasse en pakke nie, en Johan mal is oor country, het ons besluit op ‘n country/western/cowboy troue, die gaste kon ook volgens die tema aantrek. Ons kleur skema was geel, bruin en wit gewees. Ons het die centrepieces se staanders, die menu houers, menu’s, dankie kaartjies, en tafelplasings self gemaak. Ons dankie sê geskenke aan ons gaste was ‘n botteltjie mampoer, die dames het elkeen ‘n groot sonneblom met hulle tafel nommer op gekry. Ons troukoek was yellow velvet cupcakes & swartwoud koek (daar het niks oorgebly nie). Ons kos was ‘n lekker gekookte ete, wat ingesluit het geroosterde bief met mosterd sous, gebakte aartappels, soet pampoen, groenboontjies ens. Dit was ‘n baie ontspanne troue, geen stywe atmosfeer nie. Daar was net die nodige toesprake gemaak en verder het almal gedans en hulleself geniet.

• Raad vir toekomsige bruide: Moenie dat klein dingetjies jou onder kry nie. Wanneer jy voel dinge raak te veel, sit die reëlings eers eenkant vir ‘n rukkie. Wanneer jy beter voel, begin weer met die reëlings. Sodra jy verloof raak, koop vir jou ‘n boek, deel hom op in verskillende seksies bv. Idees, Beplanning, Kwotasies, Betalings en Finale beplanning. Plak al jou idees in die boek, doen al jou beplanning in die boek, plak jou kwotasies sowel as betalingbewyse daarin. Sodoende weet jy presies waar jy met jou beplanning staan en het jy alles byderhand. Ek sou nie ons troue kon reël sonder my boek nie. Daardie boek was vir 10 maande aan my vasgeketting. Belangrikste van alles, geniet net jou troue en beplanning, dit gaan ongelooflik vinnig verby.

• Die beste deel van jul troudag: Die trane in my man se oë toe ek in die paadjie afgestap het na hom toe. Sal dit nooit vergeet nie.

%d bloggers like this: