Anél & Pieter {Klassiek -swart, wit & pers}

Persoonlike Inligting:

  •   Naam van Bruid: Anél Ferreira (was Nortier)
  • Naam Van Bruidegom: Pieter  Ferreira
  •  Datum en Tyd van troue: 10-11-12, 15:30
  • Venue/plek van troue: Kaleo Gaste Plaas, Koue Bokkeveld (Ceres)
  •  Aantal gaste: 90

 

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Ek  het alles self gedoen
  •  Fotograaf: Adene Photography
  • Bruid en bruidmeisie rokke: My rok- Maggie Sottero,  Strooimeisies: Vibes
  •  Bruidegom en mans pakke: Mr Suit Hire
  •  Blomme :Ronette Lourens
  • Dekor: La Maison
  • Koek: Maritza Rossouw
  • Spyseniering: Kaleo

 

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet:Ek en Pieter het mekaar amper 11 jaar terug by ‘n fees in Joubertina (Langkloof) ontmoet en dit voel asof dit gister was. Dit was verseker “love at first sight”! Hy het ongelooflik aantreklik gelyk en sy pragtige blou oë het dwarsdeur my hart gekyk, die koeël was dus dadelik deur die kerk! Van dag een af was hy my heel beste maatjie, die persoon met wie ek geluk en hartseer kon deel en die person wat altyd weet hoe om ‘n glimlaggie op enige persoon se gesig te sit. Ons het van daar af ons herinneringe as paartjie verder begin saambou wat bestaan het uit baie goeie tye sowel as moeilike en swaar tye, maar ons liefde vir mekaar was sterk genoeg om enige struikelblok uit die weg te wys..
  • Hoe lank het julle mekaar geken:Ons was 10 jaar saam en 9 maande verloof
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom):Op 14 Februarie 2012, Valentynsdag, het ons verhouding ‘n hoogtepunt bereik toe hy my Rheebokskloof toe neem vir “Movie night under the stars” en die fliek was “The Notebook”. Ons het heerlik piekniek gehou onder die sterre met ‘n pragtige liefdesverhaal wat afspeel en nooit het ek gedink dat ons eie liefdesverhaal soveel meer opwindend sou wees nie. By die mooiste toneel in die fliek, haal Pieter ‘n pragtige ring uit en vra my om sy vrou te word. Dit was ‘n ongelooflike, onvergeetlike, romantiese en baie spesiale dag gewees!

 

  • Die troue (van a-z):10 November 2012 was die dag wat ons 10jaar lange verhouding n nuwe hoogte bereik het!!  By ontmoeting in 2002 was dit al baie duidelik dat dit wat tussen ons is meer as net spesiaal is. Ons troudag het absoluut al ons verwagtinge oortref en alles was perfek…ons eie sprokie!!! Dit was ‘n helder sonskyn dag. Die opgewondenheid het my die oggend 06:00 al laat opstaan en daarna het ek en 1 van my strooimeisies op en af op die bed gespring! Selfs die poue was ook opgewonde en het vreeslik buite ons kamer gepronkJ. Toe my hare gedoen word, het my emosies my begin onderkry, maar dit was absoluut trane van blydskap! My pa het my kom haal en ek kon die trots in sy oë sien en die trane het vlak gelé. My hart het vining begin klop toe ek buite die kapel uitklim, maar toe ek my man voor die kapel sien staan het daar soveel rustigheid in my gekom en alles was volmaak. Die hele dag het so glad verloop en ons het saam met ons vriende en familie partytjie gehou en gedans tot die einde toe. Verseker die heel beste en mooiste dag van ons lewens!!
  • Raad vir toekomsige bruide:Ontspan en geniet elke liewe oomblik!!Dit gaan so gou verby!
  • Die beste deel van jul troudag:Daar is nie ‘n spesifieke oomblik nie, want die hele dag was ‘n hoogepunt!  Alles was net perfek!