Anelma & CP: ONTMOETING {Regte Bruid}

Ek en CP is tipiese skoolliefdes. Ons het mekaar by ‘n Mnr- en Mej-kompetisie op hoërskool ontmoet. Hy het my Blackberry foon gevat sonder dat ek geweet het en het sy BBM-pin daarin gesit. Ons het dadelik ‘n konneksie gehad en was amper dadelik onskeibaar.

Ons was ses jaar in ʼn verhouding toe hy my vra om te trou. Hy het die Groot Vraag ʼn dag voor my 23ste verjaarsdag gevra.

Ek het twee weke voordat hy my gevra het om te trou pampoentjies gehad. Die Woensdag voor die dag het sy ma my gebel en gesê sy het ʼn kliënt (sy is ‘n nael-tegnikus) wat besig is met ‘n fotografiekursus. Sy moes ‘n couple shoot doen die naweek en haar mense het gekanselleer.

Natuurlik sê ek toe ek wil dit doen en sy vertel my toe sy het met CP gepraat maar ek sal hom moet oortuig. Ek probeer toe alles in my mag om hom te oortuig en so gaan ons toe die Saterdag op die couples shoot. Op die stadium het ek in Pretoria gebly en hy in Vereeniging.

Die Vrydag toe ek by die huis kom het sy ma my ingelig dat ek die volgende oggend ʼn haarafspraak het, want my haarkapper het toevallig ʼn kansellasie gehad. In hierdie stadium het ek steeds nie ʼn vermoede gehad nie.

Die Saterdagoggend jaag hy my al vyfuur die oggend uit die bed want “ek moet nou klaarmaak”. Ek het dit nie lekker verstaan nie want die fotosessie begin eers tienuur. Hy laai my toe by die salon af waar almal my gelukwens met my verjaarsdag maar nie regtig verder ʼn woord sê nie.

Om negeuur die oggend is ons oppad na die venue waar ons gaan foto’s neem, toevallig op dieselfde plek waar ons Matriekafskeid gehou is.

Die fotograaf was so op haar senuwees dat sy self soos ʼn student voorgekom het. Vyftien minute in die sessie kry sy swartbordjies uit en vrae vir ons vrae wat ons daarop moet antwoord.

Die eerste vraag was: “Hoe lief is julle vir mekaar?”. Ek antwoord: “Meer as die wêreld” en hy antwoord: “Woorde kan nie beskryf”.

Vir die tweede vraag moes ons mekaar in drie woorde beskryf. Ek antwoord: “Bigger than life” en hy antwoord: “That ass”.

Met die derde vraag moes ons sê hoe die toekoms lyk. Ek het geantwoord ek hoop om getroud en gelukkig te wees. Sy antwoord was: “Trou met My?”.

Dit was so onwerklik en net daar verander ons couple shoot in ‘n verlowing shoot. Hy het die dag haarfyn beplan.

Ek is baie opgewonde oor die troureëlings, want ek kan nie wag om die res van my lewe saam my wonderlike man te spandeer nie!

 

Anelma Beer en CP Riechert trou op 25 Augustus 2018

 

This website is maintained by

%d bloggers like this: