Anelma & CP: Trourok {Regte Bruid}

My ma noem my tot vandag toe haar prinses. Dus was my droom vir my trourok altyd die groot balrok met ‘n lang sleep en natuurlik ‘n cathedral length sluier. Baie soos prinses Diana.

Vandag pas ‘n balrok my glad nie, want ek is maar net nie daardie tipe mens nie.

Die rok wat ek gekies het is ‘n meerminstyl rok, met ‘n sjampanje voering. Ek gaan ‘n cathedral length sluier saam met dit dra. My oorbelle het ‘n roosgoud skynsel met druppelvormige steentjies. Dollies Closet maak spesiaal vir my gemaklike wighakskoene en oor die onderklere sal ek nader aan die tyd besluit.

Ek wil my hare graag baie natuurlik dra. Dit gaan los wees met krulle. Maar vir die grimering het ek gesoek na iets dramaties. Dit moet aandgrimering wees wat raakgesien kan word.

Dit was baie moeilik om ‘n besluit te maak oor my grimering en wie dit gaan doen, omdat ek gewoonlik my grimering self doen. Ek het toe besluit om van MDW Professional Make-up Artistry gebruik te maak. Sy het vir my ‘n ongelooflike goeie pakket aangebied en haar styl is baie in lyn met wat ek in gedagte het.

Die ander uitdaging is dat almal natuurlik ‘n opinie het oor hoe my hare moet lyk en my probeer oortuig om my visie te verander. Dit is steeds geneig om my deurmekaar te maak oor wat ek wil hê.

My Diaan Daniels Couture rok word na my mates vir my gemaak en dit is my rok. Ek gaan my rok definitief hou want ek voel in hierdie stadium dit is nie die moeite werd om jou rok te verkoop nie. Diaan het ook gesê dat hulle hom vir my sal kan kleur as ek hom later vir ‘n aandrok sou wou gebruik.

Op hierdie stadium van my troubeplanning-proses, probeer ek myself (my lyf, vel en hare) regkry vir die troue. Ek voel dat ‘n mens nooit te vroeg kan begin nie.

Ek is baie opgewonde oor die troue maar die beplanning is stresvol en ek sukkel om take te delegeer omdat ek baie spesifiek is oor hoe ek dinge gedoen wil hê. As ek dit self doen weet ek dit is klaar!

Wat vir my werk tydens die proses is om lysies te maak en om alles georganiseerd te hou in ‘n lêer wat alles aangaande die troue bevat.

Kry die nuus eerste!!
Kry ons nuutste nuus!
Ons nuusbrief bevat al die nuwe troues en nuus om jou te help met jou perfekte troudag!
Teken in
Sien uit om jou te ontmoet! 
close-link

This website is maintained by

%d bloggers like this: