Annemie en Charles {Tydlose Inspirasie}

Peroonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Annemie van der Merwe
  • Naam Van Bruidegom: Charles van Niekerk
  • Datum en Tyd van troue: 22 Desember, 14h30
  • Venue/plek van troue: Tramonto, George
  • Aantal gaste: 100
Diensteverskaffer Inligting:
  • Trou Koordineerder: Pink Sugar Weddings & Cakes
  • Fotograaf: Melanie Maré & Herman Pieters
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Bruid: Bride & Co, Bruidsmeisies: verskillende plekke
  • Bruidegom en mans pakke: Elkeen se eie pak
  • Blomme : Maid of Honour se ouers het dit as ‘n trou geskenk gedoen
  • Dekor: Pink Sugar Weddings & Cakes
  • Koek: Trudie Smit
  • Spyseniering: Tramonto
Oor die bruidspaar:
  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het op die internet ontmoet, waarna ons ‘n paar weke lank gesels het en toe uiteindelik ontmoet het. Het ‘n paar dae later vas begin uit gaan.
  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons het ‘n jaar vas uitgegaan toe ons verloof geraak het, en was ‘n jaar verloof toe trou ons
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Hy het my op ons 1ste herdenking gevra om te trou. Ons was na ‘n deftige restaurant toe naby Stellenbosch, tussen die wingerde. Het ‘n heerlike ete gehad, waarna ons strand toe gery het, hy het my toe reg langs die rotse, op die strand gevra om te trou.
  • Die troue (van a-z): Was ongelooflik! Kleurskema was wit, swart en silwer. Charles wou baie graag blou hê, toe bring ons turquoise aksente in op die tafels, linte van die blomme en klein goedjies van die bruid.Dit was ‘n heerlike sonnige dag, alles was so rustig en vreugevol. Charles en sy strooi jonkers het almal by ‘n gastehuis naby Tramonto oornag en ek met my bruidsmeisies by Tramonto se gastehuis. Ons het ‘n heerlike ontbyt geniet en toe met grimering en hare begin. Als was so mooi en rustig, het nie gejaag nie, net lekker gelag saam met goeie vriende. Die seremonie was by die kapel by Tramonto, was ongelooflik warm in my balrok, maar die seremonie was darm kort en kragtig, en nadat ons ‘I do’ gesê het, het dit liggies begin reën. (Iets wat ek nooit wou hê nie, maar toe so dankbaar was…het lekker afgekoel). Ons het na die pre-drinks area gegaan na die seremonie, ons troukoek gesny en saam met ‘n ‘high-tea’ bedien. Die troukoek was so dekadent. Ons het ‘n wishing fountan gehad met muntstukke van regoor die wêreld. Ons saal was prentjie mooi en dit was die lekkerste troue waar ek nog was. 
  • Raad vir toekomsige bruide: Wees rustig op die troudag. Sorg dat daar net die nodigste meisies saam met jou is vir hare en grimering en niemand wat jou dag gaan versuur nie. Vat alles soos dit kom. Die beste deel van jul troudag: Charles sê vir hom was dit toe ek in die kapel af gestap het na hom toe…vir my was dit om sy gesig te sien toe ons die saal binne stap op sy gunstelling liedjie (ons het ‘n ander liedjie gekies, waaroor hy nie mal was nie, aangesien ek nie van sy liedjie gehou het nie…toe ‘n dag voor die troue, het ek die dj gekontak en hom gevra om asb Charles se liedjie eerder as myne te speel. Hy was so gelukkig en verras.)

Comments are closed.