Annemie & Martin {Romanties rooi & roes}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Annemie
  • Naam Van Bruidegom: Martin
  • Datum en Tyd van troue: 1 Mei 2010 – 16:00
  • Venue/plek van troue: Tsekama Private Game Lodge & Wedding Venue
  • Aantal gaste: 80

 

Diensteverskaffer Inligting:

 

  • Trou Koordineerder: Self
  • Fotograaf: Anton Hartman
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Bruid -The Wedding Box, Bruidsmeisies – laat maak
  • Bruidegom en mans pakke : Truworths
  • Blomme : Tsekama Private Game Lodge & Wedding Venue
  • Dekor: Tsekama Private Game Lodge & Wedding Venue
  • Koek: Tsekama Private Game Lodge & Wedding Venue
  • Spyseniering: Tsekama Private Game Lodge & Wedding Venue

 

 

Oor die bruidspaar:

 

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons albei is gek oor vasdans. Ek het hom die eerste keer by die dansplek in ons dorp raakgesien. Daarna het ek sy nommer by een van my vriende gekry wat hom ook heel toevallig geken het en ons het mekaar gekontak. Ons het vir die eerste keer ontmoet by ons dorp se jaarlikse Kierieklapper Kunstefees op die 6de Augustus 2008. Van daardie dag af was ons onafskeidbaar.

 

  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons het mekaar vooraf glad nie geken nie. Ons het 10maande uitgegaan en toe het hy my gevra om te trou. Baie mense sal dink dit was baie gou. Maar as jy weet, dan weet jy mos!  Ek het van ons eerste ontmoeting af al geweet hy is my trouman!

 

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Dit was met my verjaarsdag die 6de Junie 2009. Hy het vir my ‘n braai gereel saam al ons vriende en familie by my ouerhuis. Ek het vermoed iets gaan gebeur, maar het naderhand daarvan vergeet en gedink my vermoedens is verkeerd, omdat hy dit tot amper heel laaste vir die aand gelos het. Hy het op sy knie afgegaan en ek het begin huil nog voor hy my kon vra!! Dit was ‘n onvergeetlike aand!

 

  • Die troue (van a-z):

    Die aand voor die troue het ek en my bruidsmeisies (beste skoonsussie en beste vriendin) by die venue oorgeslaap. Hulle het vir ons die lekkerste kos voorberei en ons het sjampanje gedrink. Ons het tot 9uur gekuier en daarna het ek in die bed gaan klim om my “beauty sleep” in te kry!

    Die oggend van die troue het ons dou voor dag opgestaan en ‘n ligte ontbyt geniet. Ek het vooraf my dekor van ‘n paar verskillende fotos af gekies en alles so bymekaar gevoeg, so ek het nie regtig ‘n presiese prentjie van my dekor in my kop gehad nie. Ek het my dekor vir die eerste keer daardie oggend gesien. Die tafels was reeds gedek en die blomme uitgesit op die tafels. Ek was stomgeslaan! Dit was nog mooier as wat ek gedink het dit sal wees! Die fotograaf, Anton Hartman, was ook al vroeg daar en het sommer toe al begin fotos neem!

    Die haarkappers en gaste het begin opdaag. Almal wat daar sou oorslaap die Saterdag aand het sommer ook by die venue kom klaar maak. Die klaarmaak en aantrek het so baie tyd gevat en so vinning verby gevlieg, toe ek my oë uitvee was dit tyd om in die paadjie af te stap na my man toe! Een van die kosbaarste oomblikke was toe my pa my die eerste keer sien. Ek kon sien hy sukkel om nie te huil nie. Niemand behalwe ek, my ma en my vriendin het geweet hoe my rok lyk nie.  Ek het dit heeldag reggekry om nie te huil nie, maar die oomblik toe my troumars (Enya se Braveheart Tema Lied) begin, het die trane begin loop! Die seremonie het sonder fout verloop, en die fotos neem was sooo lekker!

 

  • Raad vir toekomsige bruide: Probeer om ‘n venue te kry wat alles vir jou kan doen! Dit maak die stress soveel minder en dit werk goedkoper uit! Ons venue het gesorg vir ALLES!!! Ons het letterlik net met ons klere daar opgedaag!

 

  • Die beste deel van jul troudag: Die onthaal was perfek, die kos was perfek, die dekor was perfek, my rok was perfek. As ek moet kies, sal ek die hele dag weer presies net so oor hê. Want ons hele dag was PERFEK! Die beste deel van ons dag…was die hele dag!!!