Annette & Etienne {Weskus troue}

 

Peroonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Annette Prinsloo (neè  Van Schalkwyk)
  • Naam Van Bruidegom: Etienne Prinsloo
  • Datum en Tyd van troue: 16 Maart 2013 – 15:30
  • Venue/plek van troue: Draaihoek Lodge , Tussen  Dwarskerbos en Elandsbaai op die pragtige Weskus
  • Aantal gaste: 55

 

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: JP van Schalkwyk (Up a Tone Entertainment – www.upatone.co.za)
  • Fotograaf: Carien Hove (Love of Light Photography – www.loveoflight.co.za)
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Werner Dey (Werner Dey Couture- www.wernerdey.co.za)
  • Bruidegom en mans pakke: Hugo Boss
  • Blomme : Marietjie Basson (Draaihoek Lodge – www.draaihoek.com)
  • Skryfbehoeftes: Mari Pike (Worm and Apple – www.wormapple.co.za)
  • Koek / Spyseniering: Marietjie Basson (Draaihoek Lodge – www.draaihoek.com)

 

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ek en Etienne het saam gewerk. Toe ek later van area verskuif het ons steeds vriende gebly en so het dit in ‘n verhouding ontwikkel.

 

  • Hoe lank het julle mekaar geken: 4 Jaar

 

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Dit was Oukers aand in 2011.. ek en Etienne het ‘n heerlike vis braai gehou by ons woonstel in Dwarskersbos (aan die wonderlike weskus) … ‘n regte somer Kersfees … toe ons geskenke oopmaak het Etienne my verras met ‘n pragtige tanzanite ring en hangertjie. Ek het die ring aangepas en hy het my  daarop gewys dat dit op die verkeerde vinger is ! En net daar vra hy my om te trou ! Ons was beide emmosioneel ,dit was ‘n baie spesiale aand !

 

  • Die troue (van a-z):  Wanneer jy die uitgestrekte pad na Draaihoek Lodge aanpak en die uitsig oor wit duine en die blou atlantiese see vang jou vas, weet jy onmiddelik jy  is in die weskus! En dis presies wat ons tema was… Weskus! Bittermin van ons gaste was nog ooit in die weskus en ons wou die hele naweek dus baie spesiaal maak … ons wou almal ‘n egte weskus ervaring gee… al was dit net twee dae.

Die gaste het almal op die Vrydag middag gearriveer (amper almal is afkomstig van Gauteng! ) … daar is selfs ‘n paartjie gewees wat ingevlieg het van Thailand en Ghana! ‘n Partytjie Bus het die gaste vrydagaand vervoer vanaf Draaihoek Lodge en Dwarskers bos na die Weskus Plek in Jacobsbaai …(Die restaurant en Hotel behoort aan Steve Hofmeyer). Dit was ‘n informele ken-mekaar aand en gaste kon heerlike Pizzas (party met bokkoms en snoek!) en wyn geniet. Die bus het almal veilig terug besorg.

Die troue was Saterdag 16 Maart 2013. Met aankoms by die troue is die gaste getrakteer met “Gourmet” Roomys bedien uit ‘n regte roomys karretjie met komplimente van The Soft Machine. Geure het ingesluit Melktert en Moerkoffie.

Die gaste het dan ‘n rustige wandelstappie geneem deur ‘n “Onthou-Foto-laan” op ‘n hout paadjie tot op die strand. Daar was ongeveer 50 fotos almal op groot borde ingekap en het fotos ingesluit van die bruidspaar en al die gaste… die fotos is op verskeie geleendhede in die verlede geneem en was ‘n nostalgiese herinnering.

Op die strand aangekom het die gaste ‘n heerlike gemmer drankie geniet, hul skoene uitgeskop en ‘n sambreeltjie (vir die ergste son!) gekry. Hul kon hul tuismaak op hooibale en so , met rustige agtergrond musiek, het hul die bruid ingewag.

Annette het ingestap op Stef Bos se “Ek heb je Lief” en ja, Etienne (en meeste van die gaste!) het ‘n traan weggepik!  Die dominee , Fanie le Roux (‘n familie vriend), het met  ‘n kragtige boodskap die seremonie uitgevoer.  Die teksvers het verwys na bruisende waters en dit was so gepas om op daardie oomblik voor God se absolute wonderlike skepping te staan.  Die groep “Hulle” het die seremonie afgesluit met ‘n emosionele, akoestiese weergawe van “Laaste Asem” wat opgedra was aan Etienne deur Annette.

Van daar het die gaste beweeg na die swembad area waar ‘n ligte voorgereg bedien is. Dit het bestaan uit heerlike kase, seekos happies en baie wyn! Omdat baie van die gaste nog nooit in die kaap was nie, wou ons hul soveel as moontlik van die Kaap laat ervaar… om daardie rede was daar ‘n “Wyn –proe” stasie, wat beman is deur die Cape Wine Acadamy. Hul het verskeie rooi en wit wyne gehad en gaste kon, op hul tyd,  ‘n heerlike proe-sessie gaan ervaar.Daar is hul ingelig van die samestelling en ondertone van die verskillende wyne.  Gaste is ook vermaak deur Donny die Strandloper terwyl hul gesmul het aan die wonderlike voorgereg. Donny is ‘n tipiese weskus-kunstenaar en het die gaste laat skater van die lag! Die bruidspaar het ook ‘n draai gemaak by die wynproe en daar het Donny hul ge-“serenade” met sy weergawe van “Ek wil oud word saam met jou…”  – defnitief ‘n voorgereg met ‘n verskil!

Van daar het die gaste aanbeweeg tot by die restaurant. Die dekor was met smaak en klas gedoen en op die tafels was verskeie protea rangskikkings, dryfhout , weathered klip harte ens. Elke tafel het verskillend gelyk maar saam het dit ‘n ongelooflike mooi weskus-geheel gevorm! Die tafel name was almal Afrikaanse Gedig name. Die gedigte is gekies deur Annette en het gewissel van Boerneef gunstelinge tot Ingrid Jonker en selfs ‘n Griekwa psalm deur Hans du Plessis.  Die gedig van die tafel is dan ook op die plek matjie gedruk. Soos vroeer genoem het die bruidspaar nie ‘n idee gehad van hoe die tafels gaan lyk voor die tyd nie en dit was ‘n ongelooflike aangename verrassing met die intrap slag!

Gaste kon kies tussen Gebraaide Weskus vis, Gestopte hoender of Oxtail a la Draaihoek bedien met kapok aartappels , rys en groente en hul het behoorlik gesmul aan die heerlike malva poeding en sjokolade stroopkoek wat bedien is as nagereg! Gaste het ook “Melktertjies” (Vodka, Kondensmelk en kaneel) in blik bekertjies gekry om te geniet vir nagereg!

Christoph Kotze en JP van Schalkwyk het die gaste op hul voete gehad met hul weergawe van “Sal jy bly” (bekend gemaak deur Theuns Jordaan, geskryf deur Christoph) en lekker liedjies soos Bad Moon Rising van CCR.

Nadat die bruidspaar die koek gesny het , het almal uitbeweeg na die dansvloer area.

Die eerste dans was veral iets wat ons nie sal vergeet nie! Ons het die openings dans gedoen op die romantiese liedjie She van Elvis Costello… dit was ‘n pragtige rustige dans … halfpad deur die liedjie begin die cd krap… en voor ons ons kon kry toe breek die “Gangam Style”  uit! Toe ons weer sien spring ongeveer 8 van die gaste (en ons goeie vriende!) op die dansbaan en daar begin ‘n “flash-mop” van Gangam Style! Dit was so snaaks!! Al wat ons kon doen was om so deur die geskater saam te dans! Ons (en eks seker daarvan al die toeskouers!) het dit baie geniet!

Vir die uithouer-gaste wat nog na middernag gestaan het is heerlike pizzas bedien om daardie tweede asems terug te kry!

Ons het die volgende oggend ‘n 3 ure foto-sessie op die strand gedoen saam met ons baie-talentvolle fotograaf Carien Hove… en daar het ons diep in die koue weskus water ingestap met ons trouklere! Die fotos is baie spesiaal!

Dit was regtig ‘n ongelooflike , onvergeetlike aand en naweek!

 

  • Raad vir toekomsige bruide: Ontspan en geniet dit! En moenie als probeer beheer nie! Ons was so bevoorreg gewees om wonderlike mense te gehad het wat gehelp het met die beplanning. Ons het glad nie bekommer oor hoe die tafels gaan lyk of oor hoe die kos gaan proe nie, omdat ons net geweet het ons kon Marietjie vertrou!  En ons was nie verkeerd nie! Die “Entertainment” MAAK die troue!! Maak seker jy het goeie musiek en goeie kunstenaars om die gaste te vermaak ! Maak ook seker jul klank is goed! Dit maak ‘n baie groot verskil! – Dankie JP! En dan natuurlik – een van die belangrikste! Maak seker jy het ‘n goeie fotograaf! Carien Hove van Love of Light was spectacular! Sy het seker gemaak elke spesiale oomblik van daardie dag was vasgevang op die fotos.  Moet ook nie jou gaste te lank laat wag vir fotos nie , die “tweede” foto-sessie wat ons die volgende dag gedoen het was perfek en ons kon ons tyd vat om pragtige fotos te neem.

 

  • Die beste deel van jul troudag: Die vorige dag en die oggend van die troue was koelerig en mistig. Ongeveer 13:00 die middag het dit oop getrek en die son het uit gekom . Teen 16:00, toe ons op die strand staan, was die weer perfek! Dit was die mooiste , oopste, blouste dag !  Toe ons voor daardie ongelooflike see staan met die ligte windjie saam met ons beste vriende en familie en luister na die kunstenaars Hulle se ongelooflike weergawe van “Laaste Asem”  het ons net geweet… alles  was perfek!

 

%d bloggers like this: