Annie & Dez {Liefde is die grootste geskenk}

Persoonlike Inligting:
• Naam van Bruid: Annelie
• Naam Van Bruidegom: Desmond
• Datum en Tyd van troue: 20 Februarie 2015, 10:30
• Venue/plek van troue: Irene Melkplaas
• Aantal gaste: 55

Diensteverskaffer Inligting:
• Trou Koordineerder: Self
• Fotograaf: Lovina Claassen Fotografie
• Videograaf: Intwertwine Wedding Movies
• Bruid en bruidmeisie rokke: Bruid (Bride and Co) Bruidsmeisies (moeder van bruid het gemaak)
• Bruidegom en mans pakke : Uitrustings gekoop by Woolworths
• Blomme : Bruid het self rangskik
• Dekor: Bruid het self bymekaar gemaak
• Koek: Roomystafel is bedien
• Spyseniering: Irene Melkplaas
• Musiek & veteraan motor: AMA Promotions

Oor die bruidspaar:
• Hoe en waar het julle ontmoet: Die liefdesverhaal van Dez & Annie het al in 2007 begin! Annie en haar mamma was opsoek na ‘n nuwe sangafrigter. Haar mams het eerste gegaan en kon nie uitgepraat raak oor die oulike outjie by wie sy sing nie. Sy het elke dag vir Annie gevra – “het jy nou al ‘n afspraak by Desmond gemaak?
Annie het toe daar uitgekom, en elke maandag sanglesse gehad. Maandae was nooit blou nie, en sy kon nie wag vir die naweek om verby te gaan nie!

• Hoe lank het julle mekaar geken: Ons was 8 jaar en 8 dae saam voor ons troudag.

• Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom):Almal wat Desmond en Annelie ken het al op een of ander staduim gevra – “so wanneer trou julle?’ Daardie vraag was meestal beantwoord met die antwoord – ‘volgende jaar’. Elke jaar het gekom en gegaan en Annie het geduldig gewag en gereeld geskimp. Maar, wonderwerke gebeur tog, en op Sondag 27 April 2014 het Dez gekniel en vir Annie gevra om sy vrou te word.

Die storie het afgespeel by die Irene Melkplaas, waar ons saam met vriende ‘n fotosessie sou bywoon. By die plaas merk Annie dadelik ‘n pragtige piekniek wat uitgepak is voor die skuur. Die fotograaf gee die bevel en daar voer hulle vir mekaar lekkergoed. Daarna staan hulle op en Dez neem toe ‘n kolwyntjie. Hy kniel, haal die ring uit die kolwyntjie en vra al bewend – ‘Sal jy nou met my trou?’ Annie giggel natuurlik en vra – “is dit nou sulke tyd?” Die antwoord was vanselfsprekend en die dag is verewig vasgelê op die mooiste fotos.

• Die troue (van a-z): Omdat ons beide betrokke is in die trou industrie, het ons van die begin af besluit dat ons “iets anders” soek. Ek is ook ‘n DIY liefhebber so ek’t alles gemaak wat ek self kon maak. Ek het my eie blomme rangskik, koerantjie ontwerp, borsspelde gemaak, blommemeisie se rokkies gemaak en het deur die tyd die dekor items versamel.

Die gaste wat ons genooi het, was almal uitgesoek en spesiaal vir ons. Die dag se terma was “liefde is die grootste geskenk” en dit is orals beklemtoon.

• Raad vir toekomsige bruide: Moet nie obsessief raak oor iets nie – glo my, daar is niks wat jy MOET he nie. Wees buigbaar en pas aan. Maak die beste van slegte situasies en geniet die dag!

• Die beste deel van jul troudag: Ons het ‘n opname laat maak waar ons die gaste bedank en vertel hoe spesiaal almal wat genooi was vir ons is. Dit het gespeel voor ons in die onthaal area binne gestap het. Dit was so oulik om almal se tranerige gesigsuitdrukkings te sien toe ons die area binnestap. Ons boodskap het vir hulle net soveel beteken soos wat hulle vir ons beteken het!

Annelie & Desmond Teaser from Intwine Wedding Movies on Vimeo.

%d bloggers like this: