Bianca & Henry {silwer en blou}‎

 

Peroonlike Inligting:
Diensteverskaffer Inligting:
  •  Trou Koordineerder:  As ‘n gekwalifiseerde Trou Koordineerder en Beplanner het als self gedoen met bietjie DIY hulp van my ma af.
  • Hare en grimering: Ek is baie vol nonsens en het toe besluit ek doen self Grimering, Haarstilering en naels en het alles self gedoen op die dag. Als het presies uitgekom soos ekke dit wou gehad het. Bianca @ Flawless Finish
  • Fotograaf: Ons het ‘n wonderlike vriendin wat ons fotos geneem het. Anel Cronje van Anel’s Photographics. Sal haar defnitief aanbeveel vir enige bruid en bruidegom se groot dag met uitstekende diens en unieke titseltjies van haar awesome talent. www.anelphotographics.co.za
  • Videograaf: Ons het vir Elanie en Andre gebruik van DreamDvd in Rustenburg. Fantastiese mensies regtig en als so prettig gemaak ook op die dag.
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Ek het my rok na vele gesoek vir ‘n plus size girl soos ekke gekry by Bridal Alchemy in Northriding. Lizette se rokke is ongelooflik mooi en diens is baie baie nice.http://www.bridaldesigns.co.za. Bruidmeisie het ‘n wrap dress gehad.
  • Bruidegom en mans pakke: Die twee mans se pakke het ons by The DressSuit in Boksburg gehuur. Absolute great pryse en suits amazing. My verloofde het die suit as ‘n verrassing gehou op daai tyd van my af. Eers gesien op die dag van die troue. http://www.thedresssuit.co.za/
  • Blomme :   Ek het nie blomme op my tafels gehad nie so al waar blomme was, was ons twee ruikers. Het sommer blomme gaan koop en skoonma het die ruikers vir ons gemaak en dit het awesome uitgekom
  • Dekor: Alle dekor, tafel runners, servet ringe, ens het ek self gemaak behalwe die tafeldoeke en stoel rokkies wat saam met die venue prys was.
  • Koek:   My skoonsus bak FANTASTIESE koeke en sy het vir ons ‘n Cake Pop Troukoek gebak as trougeskenk. Sal haar beslis aanbeveel vir enige funksie. [email protected]
  • Spyseniering:  Ons het ‘n spitbraai menu gekies wat deur Charlani’Vi verskaf is. Ons het self sommer ‘n paar eetgoedjies vir die gaste gemaak vir die foto sessie
Oor die bruidspaar:
  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het in my Matriek jaar in 2007 ontmoet toe daar nog nie BBM was en MXit die INDING was. Ons het op Paas naweek op een van MXit se “Chatrooms” ontmoet en net van die begin af geweet daar is ‘n spark. Ons is van daai dag af onafskeidbaar.
  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons het mekaar ‘n week geken voor ons begin uitgaan het. Op 19 Feb 2011 vra hy my toe om sy vrou te word. Ons was amper 4 Jaar saam. Ons het toe nog 2 jaar gewag om die perfekte troue te beplan.
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ons was mal daaroor om eenkeer ‘n maand te gaan piekniek hou by Kariba Ranch in Vereeniging langs die rivier. Hul het vir ons altyd die lekkerste mandjies gepak. Hy het opgestaan om vir ons shampanje te kry (wat ons altyd drink as ons piekniek hou). Toe hy terug kom toe kom die kelner daaraan met die shampanje en 2 Boksies (lyk soos juwele houer boksies) wat van chocolate gemaak is. Hy het shampanje ingegooi terwyl ek die boksies afneem en die boksies love haha. Ek het die een boksie gekies en hy staan toe op en toe ek die boksie se deksel op lig is die ring tussen twee chocolate balletjies. Toe ek langs my kyk is hy op sy knieg langs my en vra my toe om sy vrou te wees vir die res van sy lewe. Toe hy die ring aansteek bars ek toe uit in trane. Was die lekkerste en beste dag van my lewe. Hy was so gespanne voor ek ja gese het maar die verligting op sy gesig was amazing.
  • Die troue (van a-z): Die hele trou beplanning aspek was vir my die lekkerste van alles omdat ek elke dag met ander bruide werk en ek nou my eie troue kon doen. Ons oorspronklike datum was 10/11/12 maar het toe besluit om die troue uitgestel en was ‘n moeilike besluit maar die beste besluit want als het fantasties uitgewerk daarna. Ek het ‘n idee gehad van die gevoel en look wat ek wou gehad het en het dit alles perfek gemaak soos ek dit wou he. Die hele troue was sprokies mooi op ‘n diy begroting. Het begin om alles self te maak van my Save the dates wat geweefde hartjies was tot my uitnodigings met handgemaakte hartjie buckles op. Konfetti was klein uitgedrukte hartjies uit wit, silver en blou karton asook wit en blou polysterene balletjies. Awesome gelyk op fototjies. Die runners was organza doilies wat aanmekaar geplak was en meter lang kristal stringe wat van my handgemaakte kandelare wat van die dak afgehang het. Die gastegeskenkies was ‘n mengsel van neute en snacks in ‘n bolletjie opgemaak. Was sommer ietsie vir die gaste om te eet sodra hul in die saal ingegaan het. Daar het niks agter gebly nie. Dit was ure en ure se harde werk maar darem het ek ‘n awesome ma wat elke dag daar was vir ons om my te help.Ek het die saal en seremonie area se Setup als self gaan doen met die hulp van my ouers en my man wat afgevat het 2 dae voor die troue. Dit was 2 lang dae voor die troue om als gedoen te kon kry. Saterdag was die weer aaklig en was baie upset oor die reen en wind wat ons verhoed het om nie buite te kon doen met ons buite seremonie wat ons wou nie. Setup is gedoen en het toe gaan aantrek en klaar maak vir die groot dag. Toe ek by die seremonie area aankom was my asem weggeslaan om my man voor die kansel te sien en het regtig niemand anders eers raak gesien toe ek loop nie. Seremonie was verby in ‘n lekker kort 20 min toe is dit lekker kuier tyd. Daar was ‘n Photobooth vir die mense terwyl ons gaan fotos neem het en hul het hulself gate uitgeniet. Terug by die saal was als net verder sprokies. Almal het hulself gate uitgeniet en hul kon nie uitgepraat raak oor hoe mooi alles lyk en hoe lekker die troue was.
  • Raad vir toekomsige bruide: Vat ‘n oomblik en neem als in. Moenie stres oor klein goedjies wat verkeerd gaan op die dag nie want daar is glo my. Jy hoef nie die duurste goed en duurste troue te he om dit sprokies mooi te laat lyk en voel nie. Vat tyd saam jou man vir ‘n lekker dans, rustige gesprekkie of sommer net ‘n lekker soen en druk.
  • Die beste deel van jul troudag: Die beste deel van die hele dag was toe ek my man daarvoor die kansel sien en in sy gesig kon ek sien dit was die 6 jaar wag werd.

 

%d bloggers like this: