Bianca & Juan {Casino Royal}

Persoonlike inligting:

Naam van Bruid: Bianca
Naam van Bruidegom: Juan
Datum & Tyd: 23 Augustus 2014 om 14:30 vir 15:00
Venue: Bentley’s Country Lodge, Pretoria
Aantal Gaste: 58

Diensverskaffer inligting:

Trou Koordineerder: Ek het myeie trou koordineer en dit was so lekker om dit self te reel .

Fotograaf: Ross Images Photography

Bruid & Bruidsmeisie rok: My rok was deur Qche Bridal ontwerp, ek was gelukkig genoeg om laasjaar n kompetisie te gewen het by hulle waar hulle my rok ontwerp het vir my as n prys, my bruidsmeisie se rok het ons by Zipp Zone gekoop.

Blomme: Die blomme in die seremonie het ons by die Pretoria Blomme mark gekoop en my ma het dit rangskik.

Dekor: Ek het al die dekor self gemaak en gekoop en als self gedoen, die tafels se vere was deur n dame gedoen.

Koek: Ons koek was n Ninja Assasin tipe koek wat by die Casino tema ingepas het dit was deur Barbette van Baby Cakes Bakery gemaak, dit was n donker sjokolade koek.

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar ontmoet:
    Ons het in die gym ontmoet, haha ja die gym van alle plekke, ek was nog op skool gewees maar ekt dadelik geweet dis die man vir my ons het begin praat en mekaar begin sien en van daar af is ons onafskeidbaar 6 en half jaar later.
  • Hoe lank mekaar geken:
    Ons het mekaar 6 en n half jaar geken voor ons getrou het die 23ste Augustus 2014.
  • Troue A-Z:
    Hoe begin n mens om die mooiste en wonderlikste dag in jou lewe te verduidelik, ekt nooit gedink my spesiaale dag gaan aanbreek nie maar dit het, die aand voor die troue het ons almal by die venue geslaap die manne eenkant en ons anderkant , ons het mekaar nie gesien die aand voor die tyd nie en ook nie die dag van die troue nie eers toe ek in die padjie afstap, toe sien ek die trane in my man se oe, trane vanblydskap en trane van liefde en emosie, n traan wat ek nie kan beskryf nie… selfde in my oe , trane van so baie emosie, n gevoel wat ek nie kan beskryf nie… Die bagpiper met die troumars het dit soveel meet spesiaal gemaak, ek sou niks anders wou he nie…Elke klein dingetjies wat ons gemaak en self gedoen het is met soveel liefde gemaak , dit was die lekkerste deel om die goedjies te maak, soveel tyd en moeite en dit was als die moeite werd, die lekkerste ook was om die aand voor die tyd die kapel optemaak saam my ma , ouma en bruidsmeisie. Die oggend van die troue het ons vroeg begin opstel in die onthaal , juis oor ek baie van die goed self gedoen het was dit vir my so lekker om te sien hoe als bymekaar kom, ek het so 12 uur begin regmaak , begin met make up wat deur n vrou van MUD SA gedoen is, die nerves was toe maar hoog met die regmaak en baie emosie…maar als die moeite werd toe ek my man sien vir die eerste keer aangetrek in sy mooi pak voor staan en wag vir my…

 

  • Raad vir Bruide: My raad aan julle is geniet jou troue, geniet die reelings , dis in n oogwink verby neem alles in, dis die wonderlikste dag met baie emosies , probeer om als wat jy graag wil doen doen, jy trou net eenkeer maak dit soos julle dit wil he dis wat belangrik is julle!

 

  • Beste deel van ons trou:
    Die beste deel vir my was toe ek afstap met die troumars wat speel deur die bagpiper, die trane in my man se oe dit sal ek nooit vergeet nie want dit was vir my so kosbaar en mooi…