Bianca & MJ {‘n wit en goue fees}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Bianca Conradie
  • Naam Van Bruidegom: MJ Conradie
  • Datum en Tyd van troue: 12 Desember 2015, 16:00
  • Venue/plek van troue: Ou Stal Equistrain Estate, Stellenbosch
  • Aantal gaste: 77

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Beanstalk Functions
  • Fotograaf: Liesl Le Roux Photography
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Weddings by Design (Durbanville) , Bruidsmeisie se eie
  • Bruidegom en mans pakke: Mr Suite Hire Bellvile
  • Blomme : Beanstalk Functions
  • Dekor: Beanstalk Functions en Jack and Jill
  • Koek: Geen koek nie
  • Spyseniering: Beanstalk Functions

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het 7 jaar terug by n kuier plek ontmoet. Dit was liefde opslag maar ons het dit eers a paar maande later besef dat ons werkilik bymekaar hoort. Ons het die ofisieel gemaak by n vriend se verjaarsdag braai.
  • Hoe lank het julle mekaar geken: 6 jaar voor ons getrou het
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Dit was ons 4 jaar verhouding herdenking en hy het vir my die vrydagaand gese ek moet my sakke pak ons ry vroeg die Saterdag oggend Langebaan toe, Ons het toe BAIE vroeg in die pad geval en toe voor ons is Buffelsfontein, hy het toe vir ons op n game drive gebook en toe het ons daar ontbyt en toe verder in die pad geval (Hy wou eers op die rut vir my gevra het omte trou maar volgens die Buffelsfontein staff sou daar ander mense ook op die game drive gewees het) Toe ons in Langebaan kom het ons na ons akkomodasie verkeer en toe die aand n picnic mandtjie gepak en toe see toe gegaan. Ons het gaan stap op die see en toe by n meer gekom maar hy my toe van die rots afgetel het en met die aftel het hy op sy kniee gegaan en my gevra om sy vrou te word. Was die mooiste gebaar en die mooiste onthou.
  • Die troue (van a-z): Dit het begin met n reen druppel wat ek teen die venster gesien het toe ek die oggend opstaan, n seen van die Here af dat hy ons dag seen. Ons het toe ontbyt gaan eet en die reen wou nie ophou met val nie. Ek was nie bekommerd nie want ek weet reen is n goeie seen. So teen 11:00 het my grimeering kunstenaar by ons huisie opgedaag en sy het dadelik weg gespring. Toe sy met my hare en grimeering begin het het die reen opgehou en die son het begin skyn, nie n wolk in die lug nie. My aanstaande het my seker daardie oggend 10 keer gebel om seker te maak hy vergeet niks nie en of als reg is aan my kant. Teen 15:30 was als klaar en ek het toe vir die bruidskar gewag. My aanstaande se swaer het toe gebel omte se dat van die gaste het nog nie opgedaag nie so ons moet n rut deur Stellenosch vat en hy sal bel waneer almal daar is (nie altyd dat die bruid op tyd al klaar is en vir haar gaste wag nie 🙂 ) So het ek toe arriveer en skoenlappers het vreeslik gevlinder. Die seremony het 10min later begin as beplan. Toe ek deur die deur loop oppad paaidtjie toe toe kom als tot n stilstand en ek sien toe my aanstaande, ekt n gebed opgese vir ons toekoms en toe is ek reg om die paaidtjie saam hom te loop. Ek het sonder dat hy weet vir die DJ n “recording” van n boodskap wat ek wil he hy moes speel vir my man, gestuur. Toe die deur oopgaan en ek begin loop to ehet die boodskap aan my man gespeel. Die seremonie was besonders, die vier K`s (Koester, Komminikeer, Komplimenteer en Kompromie) sal altyd by my bly.Ons het toe die register gaan teken en toe was ons geseen met mooi roos blare deur familie en vriende. Ons het toe familie en paartjie fotos begin en dit het so n uur en half geduur (ek wou nie my gaste laat wag het nie). Pragtiste fotos onder die son was geneem Die emosies in die fotos beskryf ons dag van begin tot einde (lag, liefde, vrede en vreugde) Die onthaal het so teen 18:00 begin. ons het dadelik weg geval met die formaliteite sodat ons gaste die res van die aand kan ontspan en lekker fees vier. Die pa en dogter dans was besonders, dit as my pa se teken dat hy sy dogter informeel ook weg gee (seremony was die formele oorhandig). Dit was regtig n aand wat ek nooit sal vergeet nie, My vriendin en vriend was die kousband en my blomme gevang het, het 2 maande na ons troue verloor geraak, na ook amper 7 jaar. My man het toe agte rmy rug (as n verrasing) vir ons n fantastiese plek bespreek in Stelenbosch, toe ek die kamer deur oopmaak was die kamer onder wit rose, sjokolades en champagne . Dit was die perfekte aand gewees en sal dit vir niks veruil nie.
  • Raad vir toekomsige bruide: Begin vroegtydig beplan maar ook nie oorhastige besluite neem nie! Limiet jouself met drie kwotasies, dit sal regtig help want dit maak jou keuse baie makliker. Moet nie dat onbenulle russie opkom nie, vat dit rustig en onthou die dag gaan oor jou en jou toekomstige man. Die dag gaan baie vinnig verby, koester dit en als rondom dit.
  • Die beste deel van jul troudag: Is toe ek my toekomstige man in die paadtjie sien, Hy was prgatig, regtig waar n geskenk van God af. n Engel wat ek altyd kan op staat maak. 2) Ons eerste dans was besonders want my man dans nie graag nie en hy het met die trou beplanning vir my n liedtjie keuse gestuur en gese hy wil met my dans op die liedtjie want dis gepas vir ons dag (Vandag maak ek jou my vrou – David Fourie)

This website is maintained by

%d bloggers like this: