Bianca & Terry {Oranje & Turquoise}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid:Bianca Du Plooy
  • Naam Van Bruidegom: Terry Scheepers
  • Datum en Tyd van troue: 11 Augustus 2012, 15h00
  • Venue/plek van troue: Galagos Country Estate, Pretoria
  • Aantal gaste:125

 

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder:  Nicolene van Galagos
  • Fotograaf: Vanessa-Lee Booyse van 5 Talents Photography
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Bruid se rok GF Bridal Couture, bruidmeisies materiaal verskaf en elkeen eie patroon laat maak.
  • Bruidegom en mans pakke: Onderbaadjies en dasse gehuur by Eurosuite, hempde, broeke, skoene elkeen sy eie.
  • Blomme: Hyper Flora/Flowers by Dave Witbank, Bruidsmeisies Velt ruikers gemaak deur vriendin Sherelda van Blomkie
  • Dekor: Mode Events in Witbank
  • Koek:  Bruidegom se niggie Thersia (Oyster Catering)
  • Spyseniering: Galagos

 

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet:  Ons beste vriendin (Yolanda) van skool het my aan hom (Terry) voorgestel, haar man (Roche) en Terry is beste vriend vandat hulle klein is. Ek het in my   1st jaar van studeer saam Yolanda gewerk (ons het nog in jhb gebly daai tyd) as ‘n temp vir 3maande gedurend my vakansie. Sy het een vrydag oggend ‘n foto van my vir hom gestuur en gevra wat hy dink. Paar dae later die maandag was ek saam Yolanda en Roche by die aksie netbal/krieket waar Terry toe vir Roche bel en toe sommer met my ook praat. Daarna het ons begin sms en praat en toe besluit om te ontmoet. Hy het in desember vir ‘n lang naweek deur gekom jhb toe vanaf witbank (waar ek nou ook woon) en ons albei het vir die naweek by Yolanda se ouers gebly saam Yolanda en Roche. So het ons face to face ontmoet, was dadelik mal verlief op mekaar, kon nie genoeg van mekaar kry daai naweek nie en ek het hom sommer dadelik daai naweek aan my ouers ook gaan voorstel nog voor hy terug witbank toe is daai sondag.

 

  •  Hoe lank het julle mekaar geken: Ken mekaar nou al 5jaar en 3maande vandat ons Des 2007 ontmoet het!

 

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ons was 3 Julie 2011 na Mbidi Lodge toe naby Loskop Dam. Dis een van Terry se gunsteling plekke waar hulle leeus, baba leeus, tiere, jagluiperd, wilde honde aan hou wat verwerp is of so. Ons was by die bruin leeus waar hy toe vir my ‘n boksie gee en vra om met hom te trou waar ek natuurlik vir hom gesê het op een voorwaarde dat hy mooi na my sal kyk!!!! So toe se hy ja en toe se ek ja!

 

  • Die troue (van a-z): Turquiose en Oranje, hout hartjies vir die kapel, tafel dekor was turquoise saam geskenkies en lint, oranje was in die blomme&lint, smellekker kos, asemrowende venue, lekker musiek en een onvergete party!

 

  • Raad vir toekomsige bruide: Geniet elke oomblik, dis julle spesiale dag en reel dit soos jy van gedroom het maak nie saak wat die item of prys is nie. Dit help as mens ook vroeg al begin beplan dan weet jy op die einde dat dit wat jy het is wat jy wou he. Doen goed navorsing van jou verskaffers.

 

  • Die beste deel van jul troudag: Daar was so baie maar denitief om te sien wie werklik vir jou omgee, die lekker tyd saam vriende en familie en die glimlag op my gesig as mense vandag nog sê dat dit die lekkerste troue ooit was! Was by ver die beste dag van my lewe!