Breek die stryd om gewig te verloor

 

Jy kan dalk een van diegene wees wat voel jy doen alles reg om jou gewig te verloor maar tog het dit tot ‘n stilstand gekom.

Vir baie van ons skyn dit gewig is ‘n konstante stryd. Ons kom aan die gang en is almal opgewonde en “hyped up” om dit net te doen! Rondom week 4 blyk dit dat die meeste van daardie entoesiasme vervaag en ons is terug na ons ou gewoontes en voel gefrustreerd om nie die resultate te kry wat ons op soek is na nie.

Kom ons kyk na ‘n paar algemene riglyne wat jou kan terug hou.

• Fokus net op lae vet

Dit is puik om lae vet produkte te kies, maar onthou baie lae vet produkte, is hoog in suiker! Jy kan spaar op die vet, maar die bykomende kilojoules gaan nie help nie. Bv ‘n pakkie Jelly Tots is 0g vet met ongeveer 70g koolhidrate per 100g. 1 sny brood = 15g koolhidrate, so as jy ‘n pakkie Jelly Tots nuttig, wat geen vet bevat nie, effektiewelik kry jy ongeveer 4.5 snye brood in!

Vinnige wenk – gebruik ‘n sny brood as ‘n maatstaf wanneer jy koop / voedseletikette evalueer (omskep totale koolhidrate per porsie na snye brood)

Lae vet is ook nie noodwendig altyd “lae vet” nie. Afhangende van die oorspronklike vetinhoud van ‘n produk, kan die “lae vet” weergawe nog steeds hoog in vet wees. Bv volroom maaskaas is baie hoog in vet, so die lae-vet weergawe kan minder vet hê as die oorspronklike produk, maar is steeds hoog in vet. Bedoelend, volroom maaskaas kan omtrent 70g vet hê per 100g en die lae vet kan omtrent 35g vet hê per 100g. Lae vet word beskou om ten minste 10g vet per 100g te hê.

• Eet van lae GI kosse

Om lae GI-kosse te eet is ‘n goeie keuse siende die meeste lae GI-kosse het ‘n goeie vesel inhoud, dus word glukose stadiger vrygelaat en hou bloedsuikervlakke meer stabiel. Maar – Lae GI-kosse val onder stysels. ‘n Stysel gee jou energie, so as jy nie al die energie verbrand van die Lae GI kos wat jy eet nie, dan sal jy nie gewig verloor nie. Porsie beheer is belangrik.

Vinnige wenk – leer om koolhidrate te tel

• Dieet met geen Oefening
Dieet alleen sal werk in ‘n sekere mate, maar jy sal tot ‘n punt kom waar die oefening moet inskop. Om vet te verbrand is die verbranding van kilojoules deur oefening goed en vir gewig instandhouding is dit baie belangrik.

Vinnige wenk – kry ‘n oefening wat vir jou werk. Maak gebruik van ‘n biokinetikus of persoonlike instrukteur indien nodig.

Artikel verskaf deur:

FrontEHW (7)