Carina & Deon {Skoenlapper tema}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: CARINA DE BEER
  • Naam Van Bruidegom: DEON VAN DER MERWE
  • Datum en Tyd van troue: 11 OKTOBER 2014
  • Venue/plek van troue: CHRISTA GALLI POTCHEFSTROOM
  • Aantal gaste: 120

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: TANNIE JOEY PEENS
  • Fotograaf: NICO BLIGNAUT FOTOGRAFIE IN POTCHEFSTROOM
  • Bruid en bruidmeisie rokke: BRUID SE ROK DEUR DIE BRUIDSWINKEL IN POTCHEFSTROOM – SANDRA MEINTJIES HET DIE STUNNING ROK GEMAAK / BRUIDMEISIES SE ROKKE DEUR LELANIE
  • Bruidegom en mans pakke SELF VOORSIEN. DASSE IS GEMAAK DEUR LELANIE
  • Blomme : TANNIE JOEY PEENS
  • Dekor: TANNIE JOEY PEENS
  • Koek: SOOS SOETKOEK IN POTCHEFSTROOM
  • Spyseniering: BERGLAU SPYSENIERING POTCHEFSTROOM

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het mekaar ontmoet by ‘n kuierplek in Potchefstroom (Impala). Ek en vriendinne het in ‘n groepie gestaan en los dans toe die man my oog vang. Hy het eenkant alleen gestaan. Daardie jare het die pampoenboere nog by Impala gekuier in hulle kortbroeke, kakihemde en vellies. Wel die ou het net soos een van hulle gelyk. Ek het so gestaan en dink daaraan en vir my self gesê dit lyk nogal na ‘n oulike ou net jammer hy is ‘n pampoenboer. Met die vang sy oog myne en ons groet mekaar. Later die aand het hy my kom vra om te dans en tot beide van ons se verbasing was hy nie ‘n pampoenboer nie en ek nie ‘n student, soos wat hy gedink het nie. Beide van ons was werkende persone. So het ons die aand gedans asook die volgende paar naweke. Naweke het maande geword en maande later jare.
  • Hoe lank het julle mekaar geken: 16 JAAR
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Hy hou baie van visvang en ek geniet die stilte en natuur. So beplan ons ‘n visvang naweek langs die Vaalrivier by ons gewone plekkie. Dit was die naweek van 7 Desember 2013. Vrydag middag na werk ry ons toe rivier toe. Saterdag oggend stap ek af rivier toe met koffie vir ons. So rukkie later vra hy my om asb vir hom pitte aan die hoek te hak hy gaan net gou terug woonstel toe. Na hy weg is staan ek op en hak aan die onderste hoek twee pitte. Die boonste hoek sien ek is verstrengel in die papbal. So trek ek aan die lyn om die hoek uit te kry, en daar staan ek met die ring in my hand. Hy het die ring geknoop aan die lyn waaraan die hoek vas is. Ek probeer toe die hele spulletjie weer kry soos dit was. Hy kom terug van die woonstel af en ek sê toe hy kan maar gaan ingooi ek het die pitte gehak hy moet net eers die ring afhaal. So haal hy die ring af wat vol vispap is en gee vir my. Omdat ek op 14 Desember verjaar dog ek dis my verjaarsdag geskenk en dit was die minste van my gedagtes dat hy my in die oggend sal vra, gewoonlik gebeur sulke vrae in die aande? So vat ek die ring en sit dit aan my regterhand. Voor ek egter nog die ring aan die vinger het, vat hy die ring en sê o nee die ring kom nie aan daardie vinger nie. Ek vra so ewe nou waar dan. Met die sak hy op die knieg en steek die ring aan my vinger en vra die vraag waarvoor ek soveel jare gewag het.
  • Die troue (van a-z): Beplanning het begin vroeg in Januarie 2014. Ek het deur die jare klomp idees bymekaar gemaak. Ek en my Ma is na Tannie Joey om die troue te bespreek en om al die idees op die tafel te sit en dan af te skaal na die mees praktiese idees en natuurlik wat ek graag wil hê vir die troue. Daar was heelwat goedjies wat ons besluit het om self te maak soos die uitnodigings se binneblaadjies, dankie kaartjies, kerkblaadjies, stoelbinders en plekaanwysings. Ek het besluit op skoenlappers en wou graag ‘n formele troue hê. Ek hou van “bling” en daarom is daar besluit op swart, silver en pers. Ek het ook besluit om so veel moontlik van my familie en vriende se kinders te gebruik vir my troue met die dat meeste troues deesdae “Geen kinders” het. Ek het gevoel dis waar ‘n dogtertjie begin droom oor haar trou. Ek het my aanstaande se suster se dogters gebruik as strooimeisies, my vriendin se tweeling seuns as hofknapies en dan my twee neefs se dogters. Strooijonkers was my jongste broer en my aanstaande se suster se oudste seun. Ons het besluit om ons Moeders te gebruik as ringdraers. Ons manier om aan hulle dankie te sê vir alles deur die jare. Ek het die uitnodigings aan elke paartjie persoonlik uitgemaak en ook gevra dat hulle hul gunsteling liedjie moet deurgee. Ons het op elke koevert ‘n pers lintjie geplak en ‘n blink pers skoenlapper uitgedruk en opgesit. Die koevert was aan die agterkant geseël met ‘n waks skoenlapper. Uitnodigings is per hand afgegee. Die kerkblaadjies het ons self gemaak. Dit was in die vorm van ‘n skoenlapper gewees. Binne in was die liedtjies wat gesing was asook ‘n briefie aan ons ouers. Die blaadjies is afgerond met ‘n lasercut skoenlapper bo-op en is vasgemaak met ‘n pers lintjie. Die maande het gevlieg en omdat heelwat goedjies self gedoen is, het die tyd nog vinniger verby gegaan. My rok was ‘n samevoeging van idees. Ek wou soos ‘n prinses lyk en voel. Sandra van die Bruidwinkel in Potchefstroom het my droom verwesenlik. Die eindproduk het nog beter gelyk as al die idees saam. Ek het ook die something blue, something borrowed, something old and something new gehad. Die something blue was onderklere gewees waarop my vriending borduur het, Mev van der Merwe, die something borrowed was my oorbelle, die something old was my hangertjie. Hierdie hangertjie het my ouma gedra na my ma se trou, en die something new was my trourok. Ek het saam met die dankie kaartjies vir elke gas ook ‘n sepie gegee in die vorm van ‘n skoenlapper asook ‘n cup cake. Die tafelplasings is gemaak uit puter en elke gas kon syne neem wat dan gedien het as magneet. Die skoenlapper servetringe en cup cake houers asook die skoenlapper plek aanwysing aan die sjampanje glas het bygedra tot die tema van die trou. Hierdie items het my Tannie van China vir my saamgebring. Die troukoek was 3 lae gewees. Die onderste ene is voorgesit aan die gaste vir nagereg en die ander twee is aan die ouerpare gegee. Daar was skoenlappers op asook pers rose. Die onderste laag het ‘n suikerskoenlappe opgehad wat die koek afgerond het. Ek het egter gevra hulle moet vir my ‘n mannetjie en vroutjie maak wat by die koek kan staan. Die mannetjie moes met ‘n visstok staan wat die vroutjie dan vang wat dan op ons simboliseer met die manier waarop hy my gevra het om te trou. Die konfettie was roosblare met pers papier skoenlappers. Die handvatsels het elkeen ‘n silver skoenlapper aangehad. Die strooimeisies en blommemeisies het almal skoenlappertjies in hulle hare gehad. Gehekelde ringkussingtjies en knielkussings is gemaak deur my aanstaande se ma. My Pa het aanwysingsborde gemaak wat by die parkeer area opgesit was vir die gaste. Die “gasteboek” was hout skoenlappers waarop elke paartjie vir ons ‘n boodskap kon skryf. Die blomme op die tafels was wit rose met pers kristal balle by en bietjie groen blare. Kerse en “fairylight” het die saal verlig. Die ouerpare en strooijonkers en blommemeisies het almal lapel blommetjies gehad wat aan ‘n hout skoenlapper vasgemaak was waarop daar gestaan het Strooimeisie of Strooijonker. Die strooimeisies se rokke was aan spesiale hangers opgehang, ook met ‘n skoenlapper waarop elkeen se naam was. Die tafels was in ‘n plus vorm rangskik sodat meer mense per tafel kan sit. Daar was ‘n aparte tafel vir die kinders met hul eie lekker kossies. Hulle het ook ‘n spasie gehad waar hulle kon speel en dvd kyk. Tydens die fotosessie is gaste buite vermaak met agtergrond musiek en lekker eetgoedjies. Gaste is die saal binne op die Cambells se Vlinders. Die dansbaan is later geopen met Andriëtte se Sewe Oseane. Die slaai wat bedien is tydens aandete was ook in die vorm van ‘n skoenlapper gepak. Die gevolg het elkeen ‘n plakkaat gedra. Die hofknapies se plakkaat was: This is your last change to run. Dan het die strooimeisies ingestap gekom en hul plek voor ingeneem en toe twee blommemeisies met ‘n plakkaat: Here comes the Bride. Die kapel het stil geraak, kerkklokke is gelui en die tradisionele troumars het begin. Aangesien die dag van die troue baie winderig was kon ek nie soos beplan met die koets na die kapel vervoer word nie en moes ek toe maar met ‘n voertuig gaan. Ons het egter met die koets na die fotosessie gery en dit was wonderlik.Die onthaal het verloop volgens tradisie met die toesprake, ete, koeksny, dansbaan opening, gooi van ruiker, gooi van kousband en geld aan die rok vassteek. Dit was voorwaar ‘n jaar en dag wat ek nooit sal wil vergeet nie.
  • Raad vir toekomsige bruide: Geniet elke oomblik vandat jy begin beplan tot die dag van jou troue. Dit gaan so vinnig verby. Neem baie foto’s want dis al wat jy oorhet na die tyd.
  • Die beste deel van jul troudag: Alles, maar verseker toe die predikant sê nou is julle man en vrou!