Carlien & Wilmari {modene vintage}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Carlien Smith
  • Naam Van Bruid: Wilmari Griesel
  • Datum en Tyd van troue: 25 April 2015 11h00
  • Venue/plek van troue: Melkkan Silevera plaas
  • Aantal gaste: 40

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Self
  • Fotograaf: Carlien Smith Photography
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Desire De Klerk Pelser
  • Bruidegom en mans pakke : Self
  • Blomme : Self
  • Dekor: Self
  • Koek: Self
  • Spyseniering: Self

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Welkom Vrystaat deur Vriende, net my nuwe lewe na n egskeiding begin aanpak en toe stap sy in my verhaal in!
    Hoe lank het julle mekaar geken: os het op oogopslag geweet. n maand na ons ontmoet het saam in getrek en so maand daarna defnitief besef en geweet ons wil trou, maar het besluit om vir n jaar te spaar en dan die groot stap te vat, anders was dit dalk ook nog daardie eerste paar maande!
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): saam besluit maar die verlowing het plaasgevind as n SURPRIZE op n couple fotosessie wat gedoen is, n piekniek by die plekkie waar troue plaas gevind het ook. Die storie het afgespeel by die Silevera plaas, waar ons saam met vriende ‘n fotosessie bywoon het. By die plaas was dit fotos op fotos op fotos en toe die pragtige piekniek wat uitgepak is in die veld. Die fotograaf gee die bevel en daar voer hulle vir mekaar sjampanje en eetgoed. Wilmarie haal toe n boksie uit en gee dit vir Carlien, met die mooiste woorde in en vra toe die groot vraag al het hul reeds lankal besluit, is die VRAAG tog die werklikheid. Die antwoord was vanselfsprekend en die dag is verewig vasgelê op die mooiste fotos.
  • Die troue (van a-z): ‘N Rustige Plaas Atmosfeer Vol Liefde & Handgemaakte Bederf & Moeite!! Ek is ook ‘n DIY liefhebber so ek’t alles gemaak wat ek self kon maak. Ek het my eie blomme uit koerant gemaak, borsspelde laat maak uit hout, en het deur die tyd die dekor items versamel. ons het op die groen gras onder smabrele en piekniek op die grond getrou en daar ook die onthaal gehad. ons tafels op die grond was palette met outydse sjiek kant as tafel dekking, ons dekor was n staple ou boeke met lint en papier blomme gebind met n groot rooi hout hart. kos was n piekniek brunch. en ons na gereg was smores by die vuur.
  • Raad vir toekomsige bruide: Daar Sal Altyd Iets Verkeerd Gaan, Maar Niemand Gaan Weet Nie. Ontspan, Die Dag Draai Altyd Perfek Uit!!
  • Die beste deel van jul troudag: die hele troue was vir ons n sprokie. elke familie lid en vriend en vriendin, elke oomblik en tyd.