Chantel & Corne {Koffie tema}

 

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Chantel Taljaard
  • Naam van Bruidegom: Corne Van Staden
  • Datum en tyd van troue: 14 September 2014 9:00vm
  • Venue: Stukkies en Stokkies
  • Aantal gaste: 60

 

Diensteverskaffer Inligting:

  • Fotograaf: Cherinne De Klerk van CDK photography
  • Blomme: Rita van Floral Passions
  • Dekor: Self gedoen
  • koek: Monique Brummer
  • Spyseniers: Rumours in Nigel

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ek en Corne het ontmoet deur vriende.
  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons het mekaar vir ongeveer n jaar geken toe hy my gevra het om te trou.
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): My liewe man is nie juis romanties nie, so hy het net gevra en ek het ja gese. Geen spesiale storie nie. Ons skryf nog aan ons spesiale storie…..
  • Die troue (van a-z): Ons troue was nie groot of uitspattig nie. Ons begroting was baie klein, dus het ons baie goedjies self gemaak. En die dekor en opstel ook self gedoen. My tema was koffie so ons het n ontbyt troue met ontbyt buffet en koffie bar gehad. My dankie se geskenkies was hessian sakkies gevul met koffie bone. Op elke tafel was n hout appeltjie met interresante koffie feite. My kleur skema was mocca,chocolate bruin en turqoise. Ons seuntjie was die ring draer. My sus was my “maid of honour” en haar verloofde die ” best man”. Ons het 14 kinders by die troue gehad en om hul besig te huis was daar n picnic area met n spook asem masjien en inkleur boekies wat ek vir hul gedruk het. Na die serimonie het my gaste vrugte sap,ys tee en ys koffie geniet wat ons in glas botteltjies uit die bome gehang het. En ook vrugte happies.
  • Die beste deel van jul troudag: My gunsteling oomblik van my trou dag was toe ek na my man stap en hy het trane in sy oe en hy se jy lyk beeldskoon.