Chantelle & Eon {Pragtig DIY}

Persoonlike inligting:

  • Naam van bruid: Chantelle van Zyl
  • Naam van bruidegom: Eon van Zyl
  • Datum en tyd van troue: 6 Augustus 2011 om 15:00
  • Venue: Ilala Palm in Pretoria (het nou ander naam)
  • Aantal gaste: 63
Diensverskaffer inligting:
  • Trou koordineerder: Chantell Combrinck van Weddings by Bella
  • Fotograaf: Zelna Coetzee van Zelna Photography en Lindi – Mari Beckett
  • Bruid se rok: Annie P van Wedding Dress Creations
  • Bruidegom se pak: Coquis mansuitrusters
  • Blomme: Chantell Combrinck van Weddings by Bella
  • Dekor: Chantell Combrinck van Weddings by Bella asook familie lede
  • Koek: Sue – Anne Koorts
  • Spyseniering: Ilala Palm
  • Grimmering: Samantha Gage Kruger
Oor die Bruidspaar:
  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het mekaar in 2007 op ‘n afrikaanse ‘dating site’ ontmoet. Na ‘n lang gekuier in die kuber ruim, het ons ‘n Sondag middag ontmoet vir koffie. Van daar af het die vonke gespat!
  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons het mekaar 3 jaar 8 maande geken toe ons verloof geraak het.
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou: Hy het my op 22 Desember 2010 op sy pa se plaas in die Vrystaat gevra om sy vrou te word. Ons het bietjie in die veld gaan ry tot op ‘n koppie met die mooiste uitsig oor die Bloemhof dam. Ons het op sulke groot klippe geklim om nog ‘n mooier uitsig te kry. Toe ek afklim en om my kyk om hom te soek, staan hy op sy knie (net daar in die veld) en vra vir my of ek sy vrou sal wees!
  • Die troue (van A-Z): By die venue aangekom, het Sam ons grimmering begin doen. Ons het so lekker gekuier en pret gehad terwyl ons klaar gemaak het en tussen deur foto’s geneem het, dat toe ons ons oë uitvee is dit tyd om reg te maak om na die kapel te gaan.Toe ek daai padjie afstap was die beste om my verloofde se gesig te sien toe hy my vir die eerste keer sien…..PRICELESS! Die kleure van ons troue was olyf groen, sjokolade bruin en roes oranje. Ons het ‘n trou koerantjie gehad om ons gaste mee besig te hou terwyl ons gaan foto’s neem het. Ons gasteboek was ‘n tafeldoek waarop die mense hulle boodskappies vir ons kon skryf sodat ons dit elke keer kan lees wanneer ons die tafeldoek gebruik. Die confetti was baba ivy blare gewees om bietjie die element van andersheid te gebruik.Ons het die dansbaan met Onbeskryflik van Kurt Darren geopen en dit was soos uit ‘n sprokie gewees.
  • Raad vir toekomstige bruide: Neem elke sekonde van die dag in van die oomblik wat jy jou oë oop maak, want dit gaan regtig egtig vinnig verby. Trek jou trourok so vroeg as moontlik aan en so laat as moontlik uit
  • Beste deel van jul troudag: Die beste deel van ons troudag was toe die Ds. ons vir die eerste keer offisieël as Mnr en Mev van Zyl bekend stel en daardie eerste soen as getroudes.
%d bloggers like this: