Chrizelda & Andrè {Sjarmante Olyf- Wingerdplaas}

 

 

Persoonlike inligting:
●Naam van Bruid:  Chrizelda Coetzee
●Naam van Bruidegom: Andrè Coetzee
●Datum en Tyd van troue:  1 Desember 2012, 16:00pm
●Venue/plek van troue : NG Kerk Riebeek-Wes en Het Vlock Casteel, Riebeek-Wes
●Aantal gaste: 45

Diensverskaffer Ingligting:
●Trou koordineerder: Ek self
●Fotograaf: Nadine Aucamp Photography
●Bruid en bruidmeisie rokke: my vriendin, Charmaine Campher het als gemaak.Materiaal: Metro bridal wear
●Bruidegom en manspakke: Edgars en Metro bridal wear
●Blomme: La Joy, Brenda van Der Vyver
●Dekor: La Joy, Brenda van der Vyver
●Koek: Worx,  Linda-Mariè Bruyns
●Spyserniering: Worx,  Linda-Mariè Bruyns

 

Oor die bruidspaar:
●Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het mekaar in September 2004, op ‘n trein toer naamlik die Bosveld Train Safaris. Andrè was ‘n sjef op die trein en sou daardie jaar na Australië toegaan om te gaan boer.En “the rest is history…”

●Hoe lank het julle mekaar geken: Ons het amper 7jaar uitgegaan voor ons verloof geraak het in 2011. Ons is nou 8jaar saam.

●Hoe en waar het hy jou gevra om te trou: Dit was my 24ste verjaarsdag, op 28 September 2011. Ons het gekuier by my oom-hulle. Ons wou bietjie op Tafelberg opgaan met die Kabbelkarretjie. En bo gekom, het ons rondgeloop en presies in die middel van die berg, het Andrè vir my so leeu-beertjie met ‘n kombersie wat dit vashou gegee en gesê dis ietsie aandenking van die berg, toe sê hy ek moet dit versigtig ooprol, en daar was die ring-die kosbaarste geskenk van my 24ste verjaarsdag.  En toe op sy knieë gegaan en my gevra en natuurlik het ek “Ja” gesê!!!

●Die troue van A-Z: Sjoe waar begin mens….Dit was ‘n warm Somersdag in Riebeek-Wes. Ons het al ons rëelings uit Gauteng gerëel, want ons bly in Pretoria. Maar my droom was nog altyd om op ‘n wingerdplaas trou te beloof.My oom is predikant op Riebeek-Wes en dit was sy voorreg om ons te trou. Ek was so opgewonde om my troue te rëel en het elke oomblik geniet. My vriendin het my en die gevolg se rokke gemaak, en my trourok het sy ‘n droom oor gehad van hoe dit moet lyk . My hare was gekrul en gevleg aan die kant soos Rut van die Bybel.Ons troue was iets uniek omdat ons egte olyf salwingsolie op die tafels gehad het, wat my vriendin, Charmaine, vir ons gemeng het met ‘n “bridal geur” en ons ken mense in Israel en saam met ons salwingsolie het ons regte olyfhout uitgesnyde duifies gehad op die tafels as geskenkies en ook gebottelde olywe vir die vrourens en bottles wyn vir die mans, wat van die venue self afkom,met ons eie “foto-label sticker” op.My skoonsus het my servet ringe gemaak, my pa het die servette gedruk en my ma het ons gaste boek versier, almal het gehelp met ietsie, dit maak dit so spesiaal.Ek het ‘n gedig geskryf en het ook soos ‘n progam en menu van ons troudag se verloop by gesit, dit maak dit maklik vir gaste as hulle weet wat gebeur. Ons het ook op my boetie se 30ste verjaarsdag getrou, so dis sommer 2 fierings met eenslag.My blomme en die strooimeisies se blomme was proteas en wit rose.Myne het ‘n King Protea ingehad. Die skouerruikers was ook klein proteatjies en wit roses, iets eg uit die Kaap. Ons het ‘n regte skaapspitbraai met Kaapse bykosse as ‘n buffet-ete gehad  en ons troukoek was ‘n klein sjokolade ganachè koekie bo vir die sny van koek se fotos en die res was sjokolade ganachè cupcakes op die koekstaander, met versierings om gepak. Die fotograaf het orals fotos geneem: in die Kerk se tuin, van dit in die oop stuk veld daar naby, van dit in die dorpie se hoofstraat en van dit tussen die wingerd. Ons fotograaf het oor die 500 fotos geneem,nogal baie “smiles” en “posing” op eendag. Ons het ingestap op een van my gunsteling liedjies,”vreesloos” van Izak Davel, ek het voorreg gehad om dansklasse by te woon van hom.  En ons het die dansbaan geopen op “lank lewe die liefde” van Lianie May en Jay,mooiste woorde ooit,die woorde gaan oor trou en liefde. Ons ringe is goud, maar myne het 2 witgoud pante. My verloofring se betekenis is God in die middel(groot diamant) en ek en Andrè aan beide kante (kleiner diamante), ons het ‘n besluit gemaak lank voor ons troue dat ons, God sal toelaat om ons te lei en ons sal volg as man en vrou. My boetie(van ‘n seuntjie) en my swaer (van ‘n tweeling, seuntjie en dogtertjie) het  in 2012 pa geword, my boetie se seuntjie was  hofknapie en my swaer se tweeling  het confetti-mandjies vas gehou. My skoonsus en niggie was strooimeisies en my boetie en skoonsus se seun was strooijonkers. Ons het gekleurde roosblare as confetti gebruik, dit ruik vreeslik lekker en lyk sommer pragtig. “Something old”, was my ma se trourok se sleep wat deel was van my trourok en die sleep. “Something new” was natuurlik meeste van my trou juwele, trou pante, ons skoene ens . “Something borrowed” was bietjie handeroom wat ek geleen het by my ma en “something blue” was in my kousband ingewerk. En so kan ek aan en aan skryf oor ons troudag,mens sal bladsye volskryf en nog nie eers als kan vertel nie, dis seker een van die mees wonderlikste, dag in mens se lewe!

●Raad aan toekomstige bruide: Bou julle huwelik op God.Geniet elke minuut van jou troudag, want dit gaan so vinnig verby. As daar hier en daar ‘n klein foutjie opduik, raak rustig en gaan net normaal aan, alle troues het klein glipsies op, en na die tyd lag mens lekker daar oor.Dit maak nie  van jou troue,’n sleg beplande troue nie, soms is dit uit jou beheer.Ek het vir my ‘n leer gekry en als daarin gebêre, dan kan mens maklik beplanning doen en als is by mekaar en dit het gehelp want toe vergeet manlief sy bedankingsbriefie in die kamer,gelukkig het ek “back-ups” in die lêer gehad! Ek het raad gevra vir almal wat deur trou-beplanning is,dit help nogal,maar onthou dis julle troudag, so elke troue is uniek en dis elke bruidspaar se unieke smaak-Geniet elke oomblik en koester julle nuwe lewe saam as man en vrou!

●Die beste deel van jou troudag: Sjoe sekerlik toe ek my trourok aangetrek het en toe die troumars begin speel en ek die paadjie afstap en my  “hubby 2be” voor die kansel sien, maar elke oomblik het ek geniet!

1 thought on “Chrizelda & Andrè {Sjarmante Olyf- Wingerdplaas}”

  1. Pragtig en ja stem saam om te trou is die mooiste dag in jou lewe en dit hang van jouself af of jy dit gaan geniet of nie. Chrizelda en Andre jul was pragtig met n wonderlike troue voorwaar iets besonders.

Comments are closed.

%d bloggers like this: