Corney & Franco {gemalike elegansie}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Corney Smit (van Niekerk)
  • Naam Van Bruidegom: Franco van Niekerk
  • Datum en Tyd van troue: 25 Oktober 2014 – 4uur
  • Venue/plek van troue: Kerk ( Ng Kerk Strand Noord / Venue ( The Barn Gordon’s Bay)
  • Aantal gaste: 107 Gaste
  • Diensteverskaffer Inligting:

Diensverskaffer inligting:

  • Trou Koordineerder: Geen, ek het alles self gereel
  • Fotograaf: Monica Small ( Pink Lily Photography)
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Bruid – Enchanted Bride, Bruidsmeisie – Foshini
  • Bruidegom en mans pakke – Smart Men Suit Hire, Strand
  • Blomme : Tilanie ( Party Decor Hire ), in Strand
  • Dekor: Tilanie ( Party Decor Hire ), in Strand
  • Koek: Bea ( The Smiling Oven), in Strand
  • Spyseniering: Ronel Piek, Eienaar van The Barn, Gordonsbaai

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het oorspronklik die eerste keer by vriende van ons se ” housewarming” ontmoet in 2007
  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons het 5 jaar uit gegaan, vanaf 28 Augustus 2009
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Wow dis een lang en wonderlike storei, hy en my ma het alles skelm beplan. Hulle het gemaak of hulle vir my tannie en oom ‘n plekkie vir die naweek bespreek het in Franschoek, op die laaste nippertjie het hulle kamstig my ma gebel en gese hulle kan dit nie meer maak nie, my ma het toe heel onskuldig gevra of ons nie maar die plekkie wil vat vir die naweek nie, aangesien dit amper valentyns dag is, so was ek toe oorreed om vir die naweek bietjie weg te gaan. Ons het by die plekkie aan gekom, gaan eet en toe ons by die huisie kom, was die kaggel vuur aangesteek, ‘n drankie was gegooi en soos ek op die bank gaan sit, se hy toe vir my, maar die plek was nie vir jou tannie hulle bedoel nie, ek het hom so gekyk….gewonder wat hy bedoel en toe ek weer sien was hy op sy kniee voor my, EK HET NATUURLIK JA GESE :)!!!! Dit was die beste gevoel ooit. Ons het verloof geraak op 9 Februarie 2013.
  • Die troue (van a-z): Sjoe…waar begin ek. Dit was ongelooflik emosioneel. My man werk weg en ons sien mekaar net elke 2de maand vir ‘n week. Ek het hom 2 maande voor die troue gesien, en toe eers weer die dag in die kerk, voor die kansel waar hy vir my wag! Die oggend toe ek opstaan het die wind ons amper weg gewaai, ek was so emosioneel want enige bruid wil net die beste dag he om op te trou, maar tenspuite van die wind was alles PERFEK!! Almal het so stunning gelyk, die kos was heerlik, die musiek was ‘n treffer en die mense het hulle ongelooflik baie geniet. Ek kon nie vir ‘n beter dag gevra het nie. Dit was soos ‘n sprokies verhaal en ek sal dit enige dag wil oor he. Ons het ook by die kerk vir Veronica Bell van Zamar gehad om vir ons viool te speel en sy het vir die “Irish blessing” gesing, dit was so stunning en ‘n droom van dogtertjie tyd af om eendag op my troue ‘n viool te he.
  • Raad vir toekomsige bruide: Stress minder oor wat verkeerd kan gaan en geniet net elke sekons van die beplanning asook die hele dag want as jy jou oe uitvee is alles verby.
  • Die beste deel van jul troudag: Beste deel was toe ek my man na 2 maande voor in die kerk sien staan. Dit was die mees ongelooflikste oomblik.