Dane & JL {Reènboog}

Persoonlike Inigting:

  • Naam van bruid: Dané Beukes (Kalsbeek)
  • Naam van bruidegom: JL Beukes
  • Datum en tyd van troue: 22 November 2014 om 16:00
  • Venue: Plaaswerf te Wesselsbron
  • Aantal gaste: 140

Diensverskaffers Inligting:

  • Trou koordineerder: Bruid en haar ma
  • Fotograaf: Eloise Nel Photography
  • Bruid en bruidsmeisie rokke: Bruid – Werner Dey Couture
  • Bruidsmeisies – Linda Oosthuizen, Heleen de Beer en Dalene Kalsbeek
  • Bruidegom en mans pakke: Woolworths en men’s street
  • Blomme: Stols Rose (Bothaville) gedoen deur Mariaan Herbst van autumn events
  • Dekor: self, met hulp van ma, skoonma, bruidsmeisies en vriendinne
  • Koek: Carina Coetzee
  • Spyseniering: Na-Lize spyseniers in Welkom

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het een aand by ‘n gemeenskaplike vriend se braai ontmoet. Ons albei het iemand gesien op daardie stadium. Ons het mekaar weer 5 maande raak geloop by ‘n funksie. Hy het my bene lam gedans daardie aand en ek was verlief!
  • Hoe lank het jul mekaar geken: 4 lang jare!
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou: Hy het my ‘n maand voor ons 4 jaar herdenking om die hand gevra op paas Vrydag. My oorgenooi en niks vermoedelik by sy huis ingestap. Hy gee tou vir my ‘n Lindt sjokelade hasie. Ek wat nie mal is oor sjokelade nie, sê dankie, vat dit toe by hom en wil dit gaan bêre. Ek let op hy kyk my bietjie snaaks aan en ek dog toe hierdie hasie is spesiaal en bekyk hom toe. Toe ek hom omdraai toe sien ek my verloofring aan die hasie se strikkie. Bars in trane uit en hy gaan op sy kniee om die groot vraag te vra. Natuurlik het ja gese en ons het ‘n baie emosionele oomblik te gedeel. Die aand het al ons vriende oorgekom vir Sushi om dit saam ons te vier.
  • Trou van a-z: ons het albei van die begin af geweet ons soek nie glamour nie, dit is hoekom ons op die plaastema besluit het. Ek is mal oor kleur en dis waarom ons op die pastelle besluit het. Alles was diy. Het self die bottels versamel, geverf, en mooi gemaak. Dit was so lekker dit alles saam my mensies te kon doen.
  • Raad vir toekomstige bruide: Jy kan oor niks stres nie, want alles verloop soos dit moet. Wees rustig, spandeer die aand voor die tyd saam jou bruidsmeisies en praat oor girlie goed. Dinge gaan verkeerd loop en niemand gaan eens dava weet nie!
  • Beste deel van ons dag?: verseker toe ek in die paadjie afstap en sy uitdrukking sien! Dit het alles net die moeite werd gemaak! Die hele dag was net perfek. Ek kan werklik nie uitsonder nie!
%d bloggers like this: