Danielle & Schalk {Boere Sjiek}

Persoonlike Inligting:

  • Naam Van Bruid: Danielle Viljoen
  • Naam Van Bruidegom: Schalk Payne
  • Datum En Tyd Van Troue: 1 November 2014 // 16:00
  • Venue/Plek Van Troue: La Rouge Gasteplaas, Vierfontein, Vrystaat
  • Aantal Gaste: 150

 

Diensteverskaffer Inligting:

  •  Trou Koordineerder: My Moeder: Isebel
  • Fotograaf: Christopher Smith Photography
  • Bruid En Bruidmeisie Rokke: Gelique Infinity Wrap Dress
  • Bruidegom En Mans Pakke Gerald @ Wedding Glamour In Pta
  • Blomme : Self Gedoen Deur Ma Isebel & Tannie Lien
  • Dekor: Self Gedoen, Gehuur By La Rouge Gasteplaas. Servette, Runners & L.O.V.E Letters Gehuur By Pebbles & Lace In Pta
  • Koek: Fairview Kaas Fabriek – Koek Het Gedien As Voorgereg Saam Biltong, Konfyt, Chutney, Koekies & Tuisgemaakte Brode
  • Spyseniering: Deur La Rouge Gasteplaas

Oor Die Bruidspaar:

  • Hoe En Waar Het Julle Ontmoet: 2009 By ‘N Lekker Jol Het Ons Vriendkap Begin, Nie Te Lang Was Ons Smoorverlief!
  • Hoe Lank Het Julle Mekaar Geken: 5 Jaar
  • Hoe En Waar Het Hy Jou Gevra Om Te Trou (Of Jy Vir Hom): Ons Is Verskriklik Geheg Aan Ons Families, So Een Aand, By ‘N Familie Byeenkoms, Was Dit Gepas En So Het Hy My Verras Met Die Mooiste Ring! Op Een Been Het Hy Vir My Die Mooiste Goedjies Gese, En Na My “Ja” Het Die Trane Behoorlik Gevloei!
  • Die Troue (Van A-Z): Ek Was Gebless Met ‘N Verloofde Wat My Net 2 Voorwaardes Gegee Met Ons Troue Reel, ‘N Groot Dansbaan & Partykie Tot Die Oggend Toe. Verder Was Hy Betrokke & Het My Gegee Wat Ek Wou He! Met Die Het Ons Ons Srokiesvenue Gekry Wat Al Die Boksies Ge-“Tick” Het! Ons Wou Nie ‘N “Grand” Troue Met Kristale En Rooi Rose He Nie, Maar Liewer ‘N Rustige Plaas Atmosfeer Vol Liefde & Handgemaakte Bederf & Moeite!! Ons Gaste Was Verwelkom Met Troukoerantjies Vol Grappies, Stories & Liefdesverhale! Instede Om Later My Eie Toespraak Te Lewer, Het Ek ‘N Spesiale Boodskap Aan My Man Opgeneem En Gespeel Net Voor Ek Die Kerk Binne Gestap Het Op Ellie Goulding Se “How Long Will I Love You”. . Mint & Pink Vlagies Was Die Hele Venue Vol Gehang & Drapeer, Saal Vloere Vol Geteken Met Bordkruit & Meel Oor Die Dansbaan Gestroei Vir Lekker Dans! 4 Rye Lang Hout Tafels Met Mint Hessian Runners, Kandelare, Blomme In Hout Boksies, Voelhokke En Protea’s Daarop Het Die Saal Pragtig Ingekleur! Dankie-Se Geskenkies Was Hout Onderborde Met Badsout Vir Die Vrouens En Chillisous Vir Die Manne.
  • Raad Vir Toekomsige Bruide: Daar Sal Altyd Iets Verkeerd Gaan, Maar Niemand Gaan Weet Nie. Ontspan, Die Dag Draai Altyd Perfek Uit!!
  • Die Beste Deel Van Jul Troudag: Om Mev Payne Te Word En Die Dag Saam Spesiale Mense Te Deel! Ek Is So Dankbaar Vir Familie En Vriende Wat Moeite Gedoen Het Om Ons Dag Perfek Te Maak. Ons Was Ook Bevoorreg Om Hierdie Dag Saam Schalk Se Ma Te Geniet Wat 2 Dae Daarna Skielik Oorlede Is!