Die borsspeld ruiker {maak jou eie}

Baie bruide wil graag iets anders doen vir hul handruikers as die tradisionele vars blomme. Hierdie oulike artikel sal jou stap vir stap verduidelik hoe om ‘n ruiker van verskeidenheid borsspelde te maak. Hierdie ruiker is ook oulik wanneer mens borsspeldjies van familie en vriende gebruik – so het almal ‘n spesiale deel in jou troue.

Wat benodig jy?

  • Ongeveer 50 verskillende borsspelde
  • nr 26 (0.404 mm) bloemiste draad
  • Groen bloemiste band
  • Lint van jou keuse

1

Begin deur om vir elke borsspeldjie ‘n steeltjie te bou sodat dit soos ‘n blommetjie lyk. Gebruik 2-4 stukkies draad vir elke blommetjie. Neem die eerste draadjie en vou dit in die helfde, en hak dit om die speldjie deel. Doen dieselfde met die tweede draadjie maar laat dit in die teenoorgestelde rigting loop. As jou borsspeldjie baie swaar is, herhaal die booste stappe met nog 2 stukkies draad, sodat dit dubbel is.

 

Neem nou jou draadjies saam, en draai die drade aan mekaar vas om die steeltjie te vorm. Plak die hele steeltjie met groen bloemiste band sodat mens nie meer die draadjie kan sien nie.

Herhaal hierdie bg stappe met al die blommetjies, totdat al jou borsspeldjies steeltjies aan het.

Plaas nou jou blommetjies saam, en pak dit om die handruiker te vorm. Draai dan die steeltjies van al jou blommetjies stewig toe met bloemiste band.

Neem die lint wat jy graag wil gebruik en sny 6 stukke van ongeveer 15cm af. Vou elke lintjie in die middel deur en plaas dit so dat dit die bodem van jou blomme ruiker sal wegsteek, Maak die los kante met bloemiste band vas aan die stingels.

Neem ‘n lang deel lint en plaas dit in die lengte oor die blom stingel (dit sal die onderkant van die stingel wegsteek). Draai nou lint vanaf die onderkant rondom die stingels sodat dit netjies die stingels verbloem. Steek die bokant en onderkant van daardie lint vas met ‘n mooi speld om te voorkom dat dit losstrek.

Hierdie ruiker sal vir jare lank mooi bly en sal jou altyd jul spesiale dag laat onthou!

Artikel vanaf Parsonage Events.

1 thought on “Die borsspeld ruiker {maak jou eie}”

Comments are closed.