Die Ontmoeting: Derrick en Ulrika

Ek was nog altyd een van daardie meisies wat by n plek kon instap en wonder of dit die plek is waar ek my trou man sou ontmoet.

Ek was 17 jaar oud toe ek vir Derrick ontmoet het. Hy was 22. Ek en my pa het elke Maandag aand musiek lesse gehad by n oom in die dorp. Ek het dromme gespeel en my pa sy bass guitar.

Daar was gewoonlik niemand na ons les nie, so toe Derrick een aand by die die deur instap om sy drom les te hê na ons, was dit liefde op eerste oogopslag. Elke Maandag het hy al vroeër opgedaag om te kyk hoe ek speel, maar nooit het hy my nr gevra nie. Dit was seker omdat my pa altyd saam met my daar was.

Toe een aand kry ek ʼn Facebook Message en wragtig dit was Derrick. Hy het my gaan soek op Facebook totdat hy my gekry het, net sodat hy my kan vra vir my nr. En die res is geskiedenis.

Ons was 3 en ʼn half jaar in ʼn verhouding toe Derrick op 30 Junie 2018 my gevra het om te trou.

Hy het vir my gesê hy was lus om weer bietjie iets lekkers te doen in plaas daarvan om net by die huis te sit vir die naweek. En toe ek vir hom vra wat hy ingedagte gehad het, het hy gesê ons gaan die son opkoms gaan kyk by God’s Window.

Ek het eers gedink dat dit dalk die groot dag mag wees, maar ek wou nie myself onnodig opgewonde maak as dit nie was nie. So vir my was dit net nog ʼn avontuur saam my amazing kêrel.

Ons het die Saterdag oggend 2uur uit Middelburg gery sodat ons voor die son nog by God’s Window kon wees. Toe ons daar kom was dit nog donker, maar ons wou die perfekte view hê. Ons het 30min lank gestap en gesoek vir daardie perfekte view, en dit was so die lank stap werd.

Ons het ons fone op ons tripods gesit sodat ons mooi fotos kon neem, maar na die 5de foto het ons besluit om eerder net video’s te neem en dan net later al die mooi dele te screenshot.
Ek kon sien Derrick raak al meer op sy senuwees en dis dalk hoekom hy ook kort-kort eerder gestap het na die fone om “te kyk dat hulle nog ons video’s neem”.

Hy het vir ʼn laaste keer na sy foon gegaan, ʼn nuwe video begin en weer terug gekom na my toe. Hy het my hande in syne geneem en toe ek weer kyk was hy op sy knieë en ek in trane.
Dit was nog sover die mees romantiese ding wat Derrick al ooit gedoen het!

Na ek al die trane weggevee het en klaar gelag het oor hoe op sy senuwees hy was, het realiteit begin tref. Ons gaan trou!

Ons planne was nog altyd om nie lank verloof te bly nie so ons het dadelik aan ʼn datum begin dink sodat ons so gou moontlik ʼn venue kon kry. Ons het eindelik op 17 November 2018 besluit wat ons dan 4 en ʼn half maande gegee het om alles te beplan. Ons het baie vinnig baie besig geraak!

Dit was baie oorweldigend, veral in die begin, want ons is skaars verloof en almal wil al weet wanneer is die troue, wat gaan ons dra, wat is die tema en en en…
Derrick het my heeltyd kalm gehou en baie gehelp met idees. Dis lekker as die bruidegom betrokke wil wees met alles.

My raad aan toekomstige bruide is om elke oomblik in te neem. Staan net stil vir 5 min en besef jy is besig om jou droom dag te beplan. En geniet dit!

Ulrika Pretorius en Derrick Enslin van Middelburg Mpumalanga

%d bloggers like this: