Die Venue: Derrick en Ulrika

Vir my en Derrick was die venue die belangrikste stap in die hele beplanning. Die venue dra by tot die algehele atmosfeer van die troue en is ook die grootste deel van die begroting. Die dag na ons verloof is, het ons dadelik begin soek na venues.

Ons het na so 10 tot 15 venues gekyk op die internet. Ek het almal gekontak en die wat my dieselfde dag of die volgende dag geantwoord het, het ons verder gereel vir afsprake. Die eind resultaat was 4 venues wat eerstens alamal in min of meer dieselfde prys klas was, dieselfde pakkette gebied het, wat ons datum beskikbaar gehad het en laaste die wat in Pretoria was.

Ek is iemand wat glo in “first impressions”. Daarom toe ons na elke venue gaan kyk het was dit die eerste ding wat ek na gekyk het. As ʼn bruid soek jy iemand wat moeite doen om hulle venue vir jou te wys en weet wat hulle doen.

Toe ons by “ons” venue aankom, wat maar eers die tweede een uit die vier was, kon ek klaar voel dis DIE plek. Ons het nog net by die hek gestaan, maar sommer klaar welkom gevoel.
Ons het uit die kar geklim en ʼn vriendelike dame het ons kom groet. Sy het ons dadelik begin rond wys. Eers die pragtige tuin waar jy die seremonie kan hou. Dit was in die middel van die winter, maar alles was grasgroen! Toe wys sy vir ons die onthaal wat ʼn lapa tipe saal is met pragtige “fairy lights” teen die dak en mooi glas deure wat oop of toe kan wees deur die loop van die aand.

Daar was 3 tafels gedek met die verskillende style eetgery wat tot ons beskiking sou wees asook ʼn tafel met al die dekor wat ingesluit word in die pakket. Sy het ons ook na die bos kapel geneem met ʼn klippies padjie tussen deur die bome. Dit gee ons toe twee opsies vir die seremonie. Sy het al ons vrae beantwoord met n vriendelik glimlag al was ons maar nog onseker oor wat om te vra.

Die rede hoekom ons uiteindelik op hierdie venue besluit het was die warm welkom gevoel wat ons ervaar het toe ons daar was. Dit het vir my en Derrick gevoel asof hierdie plek ons plek was, en ons kon ons idees sien realiseer by die plekke waar ons verby geloop het. Die dame was ook uiters ordentlik en vriendelik, goed georganiseerd en ons kon sien sy weet wat sy doen. Tot dusver het sy my al so baie gehelp met idees. Ek het baie van haar raad gebruik in terme van dekor, want dit is haar venue so sy behoort te weet wat gaan beste werk by sekere plekke.

Die venue bied ons:
– Genoeg slaap plek vir die mense wat van Middelburg af gaan kom
_ 3 opsies i.t.v. menus, vanaaf ʼn standaard menu tot en met ʼn gourmet menu
_ ons kan kies tussen ʼn tuin of bos seremonie
_ daar word basiese dekor items voorsien, wat vir ons meer as genoeg is en hulle voorsien ons met blomme
_ en daar was nog net bystand vanaf die eienaar i.t.v. raad, idees, en algemene admin

Toe ons klaar op ʼn venue besluit het, het dit gevoel of ʼn groot las van my skouers af is. Dit is baie goed om in aanmerking te neem as jy ʼn venue kies, so toe ons klaar die venue gekies het, het ek sommer opgewonde geraak. Die eerste stukkie van die legkaart is nou geplaas en nou kan ons verder bou!

Derrick Enslin en Ulrika Pretorius
Ons trou op 17 November 2018 by Bush Loerie

%d bloggers like this: