Die vrae wat jou venue keuse sal beinvloed

wedding-venues

 

Wanneer julle die eerste keer ‘n venue besoek, kan jy vinnig verlore raak in die prentjie mooi onthaal area wat jy gewys word. Maar met dieper ondersoek vind mens meestal dat daar baie items is wat nie ingesluit is by die venue huur nie. Hier is ‘n paar moet vra vragies vir elke venue…

  •  Hoeveel funksies hou die venue per dag? Indien jy ‘n oggend funksie hou, kan die dag gejaag voel, omdat die venue julle so gou moontlik wil uit hê, sodat hulle kan opstel vir die aand funksie. Of wanneer julle ‘n aand funksie hou, kan die personeel doodmoeg wees omdat dit hul tweede funksie vir die dag is.
  • Is daar ‘n koordineerder op die dag? Sal die venue iemand beskikbaar stel om op jou troudag te verseker dat al die fyn besonderhede daar is soos jy dit graag wil hê? Dit is ook belangrik om ‘n kontak persoon te he wat kan help sou iets verkeerd loop.
  • Hoeveel gaste kan die venue akkomodeer? Wat is die min en max hoevoeelheid gaste wat jy kan nooi, en sal die venue groot genoeg wees om al jou gaste te kan hanteer?
  • Wat is die venue huur koste en wat sluit dit alles in? Sommige venues se huurfooi sluit tafels, stoele en linne in. Waar ander se huurfooi slegs die gebou gebruik insluit. Dit is belangrik om te weet wat jy kry saam met die huurfooi en wat ‘n ekstra uitgawe sal wees.
  • Watter soort linne, tafels, stoele, glase ens is ingesluit by die venue huur? Meestal is alles redelike standaard breekware en linne wat gebruik word. Daarom kan die onkostes baie raak as jy graag spesifieke stoele of linne wil hê, en alles moet ingehuur word.
  • Is daar ‘n plek vir die bruidspaar en gevolg om te gebruik om aan te trek en is dit ingesluit by die venue huur? Venues het gewoontlik ‘n kamer wat gebruik kan word voor die troue, sodat almal gereed kan maak. Dit sal die vloei van die dag baie vergemaklik as alles op dieselfde venue kan plaasvind.
  • Mag julle jul eie drank voorsien? Daar kan heelwat gespaar word indien julle self jul drank kan voorsien. Selfs al vra venues ‘n kurkfooi per bottel, werk dit somtyds steeds goedkoper uit om jul eie wyn en vonkelwyn te voorsien, as om die venue se drank aan te koop.
  • Is daar ‘n klankstelsel om te gebruik of moet ons dit self voorsien? Sommige venues het ingeboude klankstelsels wat beskikbaar is vir gebruik.
  • Is daar veilige parkering en moet gaste ekstra daarvoor betaal? Venues soos hotelle mag moontlik beheerde toegang hê, en gaste sal dan vir hul parkering moet betaal.
  • Is daar fasiliteite vir rolstoele? Wanneer mens ‘n venue kies is dit baie belangrik om jou gaste in ag te neem. Die hoeveelheid ouer mense of mense wat spesiale behoeftes het, sal ‘n groot rol speel in die keuse van jul venue.
  • Hoeveel ure het jy toegant tot die venue? Sommige venues gee slegs ‘n aantal ure tyd vir die funksie, en ander venuer se afsny tyd is om middernag.
  • Mag julle van jul eie verskaffers gebruik maak? Sommige venues het ‘n lys van verskaffers waarvan jy kan kies, en waarvan jy moet gebruik maak. Dit sal ‘n effek op jul begroting hê, omdat julle nie verskaffers sal kan soek wat in jul begroting val nie.
  • Is daar akkommodasie vr gaste beskikbaar? Wanneer daar gaste van ver kom, sal dit vir hulle baie gerieflik wees om te kan oorslaap by die venue. Sommige venues gee ook spesiale tariewe op hul akkommodasie wanneer die troue by hulle bespreek word.
  • Is die venue buigbaar met die spyskaart keuses en sal hulle maaltye voorsien vir gaste met spesiale eetplanne? Wanneer jy gaste het wat vegetaries is, of allergiee het, is hierdie baie belangrik om vooraf uit te vind.
  • Is daar fasiliteite vir die onthaal en seremonie op dieselfde venue? Dit sal die vloei van die dag baie vergemaklik.
  • Is daar ‘n Plan B in geval van slegte weer? Wanneer ‘n venue ‘n opsie het vir ‘n buitelug onthaal of seremonie, is dit baie belangrik om seker te wees dat daar ‘n Plan B is.
  • Hoeveel deposito verlang word en is daar afbetaal opsies? Sommige venues vra die venue huur fooi as deposito, en ander venues soek 50% deposito. Maak vooraf seker hoeveel hulle benodig, en hoeveel julle het om te gee.