DIY lint skouerruiker

Skouerruikers van linte is iets wat tans hoog mode is, en die beste van als, as jy dit self maak, sal dit jou begroting soveel rek!

Die projek is baie maklik, en met die basiese partoon kan jy soveel variasies kry!

Benodighede:

  • Lint van jou keuse
  • Naald en gare
  • Knoop van jou keuse
  • Klein hakspelde

1. Begin deur jou lint te vou in ‘n konsertina styl. Die lengte van jou voue gaan bepaal hoe groot jou skouerruiker gaan wees. Vir ‘n 10cm ruiker gaan jy die lint vou dat die lenge van jou voue 5 cm lank is. Hoe meer keer jy die lint vou, hoe digter gaan die ruiker wees.

2. Wanneer jy voldoende hoeveelheid voue het, gebruik dan die naald en gare en werk alles in die middel vas. Werk dit met ‘n klein maar stewige paar steke vas.

3. Begin nou en waaier die stukkies uit en skuif hulle om ‘n sirkel te vorm.

4. Spasieer die stukkies sodat elk ewe ver van mekaar af lê. Sny enige los kante netjies.

5. Rond jou ruikertjie af deur ‘n knoop van jou keuse daarop vas te werk. Gebruik ‘n hakspeld om jou ruikertjie vas te speld aan die uitrusting.

 

Deur jou lint op ander maniere te vou, kan die ruiker se voorkoms verander.

ribbon

 

Artikel idees vanaf Hip Hostess & Martha Stewart