DIY {Onthou die datum} magneet

Met ‘n beperkte begroting is nuttige self-maak idees altyd welkom. Met die oulike “onthou die datum” magneet kan mens iets oulik vir jou gaste stuur en dit vervaardig teen ‘n baie billike bedrag.

Hier is wat jy benodig:

  • Velt (in die kleur van jou keuse)
  • ‘n Skêr
  • Lint
  • Nommer stempels
  • Klein magnete wat kan plak (of plak sit self met bietjie dubbelkant kleefband)
  • Borduur garing
  • ‘n Naald

Begin deur die velt in 2 te vou en sny dan ‘n hartjie uit (jy moet dus 2 identiese hartjies op een slag uitsny)

1367438732_content_DIY_Sve-the-Date-Magnets_4

Jou hartjies hoef nie perfek te wees nie – dit maak hulle uniek.

1367438485_content_DIY_Save-the-Date-Magnets_5

Sny nou ‘n stukkie lint en gebruik die stempels om jou trou datum daarop te druk.

1367438509_content_DIY_Save-the-Date-Magnets_6

Plaas nou die stukkie lint bo op een van die hartjies. Plak ook die magneet daarby.

1367438598_content_DIY_Save-the-Date-Magnets_7

Plaas die ander hartjie bo-op en hou alles in posisie.

1367438669_content_DIY_Save-the-Date-Magnets_8

Gebruik die borduurgare en werk al rondom die hartjie se kante. Maak seker dat jou lintjie nie skuif nie!

1367438697_content_DIY_Save-the-Date-Magnets_9

Stuur hierdie pragtige hartjies saam met ‘n nota wat vertel dat julle trou!

1367438362_content_DIY_Save-the-Date-Magnets_1

Artikel aangepas vanaf Project Wedding