DIY Papier skouerruikers

Skouerruikers van papier is baie populer en so goedkoop en maklik om self te maak!

Hier is wat jy benodig:

  • Papier van jou keuse
  • Warm gom (‘glue gun’)
  • Skêr
  • Knope van jou keuse
  • Hakspelde

Sny ‘n strook van 8 cm en vou dit op om soos ‘n waaier/konsertina se lyk.

Neem die konsertina en vou dit in die middel deur. Begin hou om jou konsertina uit te waaier tot dat dit ‘n sirkel vorm.

Gebruik die warm gom en gom eers al die middel punte van die waaier vas sodat dit by mekaar sal bly. Gom dan die oop kante van die waaiertjie vas.

10-horz

Wanneer als vas gegom en stewig is, kan jy die ruiker afrond deur gom aan die knoop te smeer en dit in die middel van die waaiertjie te plaas.  Jy kan ook draadjies aan die waaiertjie plaas as jy ‘n steel vir die skouer ryker benonodig. Gom die hakspeld aan die agterkant van die ruiker vas sodat mens dit maklik aan jou uitrusting kan vas steek.

 

Artikel vanaf  Used everywhere.