Doen dit self…

Doen-dit-self Wenke

1. Ouma se konfyt houers kan gebruik word as ‘n blompot. Mens hoef nie oorboord te gaan met rangskikkings nie. Kyk hoe mooi en eenvoudig lyk die vetplante. {Keiserskroon wat uit my tuin uit kom}.

2. Ek is absoluut gaan oor wat ou boeke aan ‘n tafel kan doen. Dit is anders en veelsydig. Deesdae betaal jy nogal redelik vir so stel boeke. Doen jouself ‘n guns, besoek die biblioteek en vra of hul nie ou boeke het waarvan hul ontslae wil raak nie, maak dan ‘n aanbod.

3.Die houtbord het ‘n familielid vir my gemaak. Dalk het jy ‘n oom of aanstaande man wat handig is. Die houtbord dien as afronding. Sien jy hoe mooi dit al die elemente saamtrek?

4.Stap by enige materiaal winkel in en jy sal die pragtige kant opmerk. Dit gee ‘n outydse gevoel en is verskriklik gewild op die oomblik. En dit is mooi!

 

Artikel geskryf deur Kobie van Rensburgimage001