Doreen & Johan {Elegant pienk, swart & wit}

Peroonlike Inligting:


• Naam van Bruid: Doreen Pretorius (Was Wilson)
• Naam Van Bruidegom: Johan Pretorius
• Datum en Tyd van troue: 18 Mei 2013, 15:30
• Venue/plek van troue: Morgenzon Guesthouse, Conference & Weddings
• Aantal gaste: 60

 

Diensteverskaffer Inligting:


• Trou Koordineerder: Trou paartjie
• Fotograaf: Ons was gebless met ‘n gratis pakket by Monique Raaths
• Bruid en bruidmeisie rokke:   My rok – Viola Creations (Gemaak om te huur), Strooimeisies – Bride and Co.
• Bruidegom en mans pakke: Johan het sy pa se troupak gedra
J, Mans pakke – Ballisimo
• Blomme : AW Flowers
• Dekor: AW Flowers
• Koek: Party Freaks (skoonsus se besigheid)
• Spyseniering: Morgenzon

 

 

Oor die bruidspaar:


• Hoe en waar het julle ontmoet: By ‘n plek met die naam mandjie dans, hy was saam vriende daar en ek saam my vriendin, hulle het almal mekaar geken, my vriendin het ons 2 se nommers op mekaar se fone gesit, en van daar af het ons gesms en begin kuier.


• Hoe lank het julle mekaar geken: Was 8 jaar saam en 3 jaar verloof


• Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ons was in Mosambiek op vakansie, hyt my een oggend uit gevat met ‘n piekniek sak en op een van die mooiste duine (met die see as ons uitsig) gaan piekniek hou, en toe vra hy my, my eerste woorde toe ek die ring sien, “It’s so shiny!!”

 


• Die troue (van a-z):  Die weer het mooi saam gewerk, dit was nie so koud soos ons almal gedink het dit sou wees nie, het vroeg venue toe gegaan om met my hare te begin, en toe dan my grimering.  Ek was kalm reg deur, almal het my bly vra stres ek? Ek kon nie verstaan hoekom en nie gestres het oor enige iets nie, maar het ook besef dat ek nie nodig gehad om enige iets daai dag te doen nie, als was gedoen deur AW Flowers en die venue self.  Maar my hart het begin klop toe ek voor die toe deure staan van die Kapel…  My suster het my vertel ons altwee het sulke stoute smiles op ons gesigte gehad, en sy hoop ons verloor nooit daai smile nie.  Niks het op tyd geloop soos mens beplan nie, maar ek was nie een keer gepla oor die tyd nie, ek het net elke oomblik saam my man geniet.  Om als op te som, die dag was perfek, het sy foutjies gehad maar dis wat die dag so uniek maak, en niemand weet eintlik van dit nie.  En na die troue was ons vir 9 onvergeetlike dae Thailand toe.


• Raad vir toekomsige bruide: Die dag gaan rerig baie vining verby, jy onthou nie eers helfte van die dag nie, dit maak die trou fotos ‘n verassing, want helfte onthou jy jy nie eers geneem het nie.  En wat almal altyd sê ontspan, vat die dag soos hy kom, moet hom nie probeer beheer nie, is waar deur en deur, als sal uit werk soos dit bedoel is.


• Die beste deel van jul troudag: Om na al daai maande se beplanning net die dag te kon geniet en sien hoe alles by mekaar gekom het. Na ons 1ste dans, het ons later saam vriende en familie ‘n flashmob gedoen met footloose om die dansbaan te open.