Eleanor & Etienne {See tema}

Persoonlike Inligting:

•             Naam van Bruid: Eleanor
•             Naam Van Bruidegom: Etienne Rossouw
•             Datum en Tyd van troue: 15:00 10 Aug 2013
•             Venue/plek van troue: Imvubu Lodge, Richards bay
•             Aantal gaste: 60

 

Diensteverskaffer Inligting:

•             Trou Koordineerder: Self
•             Fotograaf: Manewales Werke
•             Bruid en bruidmeisie rokke: Ouers
•             Bruidegom en mans pakke: Ouers
•             Blomme : Geen Blomme- see sterre en takke (behalwe my ruiker wat bestaan het uit wit rose vanaf bloemiste)
•             Dekor: Self
•             Koek: Sussie
•             Spyseniering: Imvubu Lodge

 

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het mekaar ontmoet by die Spur, saam gewerk as kelners
  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons het getrou op ons 8jaar herdenking
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Hy het vir my ‘n ring laat maak, self ontwerp gekies (met die hulp van my sussie). Op ons 7 jaar herdenking het hy my uitgevat vir ete maar eers by die huis toe ons terug kom het hy en ons seuntjie my saam gevra om met hulle te trou. Dit was alles ‘n groot verrassing
  • Die troue (van a-z): Ons het alles self gereel met die hulp natuurlik van fantastiese familie en vriende. Dit was perfek gewees! Weet nogsteeds nie hoekom ek so gestress het en soveel trane gestort het nie, maar alles was die moeite werd gewees.
  •  Raad vir toekomsige bruide: Geniet die dag, neem alles in. Eet jou kos en dans lekker! En maak seker jy het ‘n goeie fotograaf (soos ek)
  • Die beste deel van jul troudag: Sjoe, alles? As ek moet iets uitsonder –  toe ons mekaar ontmoet het in die paadjie, hy het my halfpad kom haal by my Pa.
%d bloggers like this: