Elizma & Dewald {Shabby Chic}

 

Persoonlike Inligting

  • Naam van bruid:  Elizma Coetzee (neé King)
  • Naam van bruidegom: Dewald Coetzee
  • Datum en tyd van troue:  1 Desember 2012 om 17:00
  • Venue/plek van troue: Seremonie – Nazareth Cathedral, Brooklyn
  • Onthaal :  Tin Roof Café, Mooiplaats
  • Aantal gaste:  40

 

Diensverskaffers Inligting

  • Trou koordineerder: Geen
  • Fotograaf:  Eloise Photography
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Maggie Sottero & Oleg Cassini
  • Bruidegom en mans pakke: Eurosuit, Rosebank
  • Blomme & Dekor: Pebble & Lace
  • Koek: The Little Love Birds Co
  • Spyseniering:   Tin Roof Café, Mooiplaats
  • Grimering:  CK Make-up
  • Hare: Exclusive Bridal Hair
  • DJ’s: Function Music

 

 

Oor die Bruidspaar:

  •  Hoe en waar het julle ontmoet :   Ons het in ‘n kletskamer op die internet ontmoet.

 

  • Hoe lank het julle mekaar geken : 4 jaar

 

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou?     Ek is ‘n baie private persoon en het altyd vir hom gesê dat wanneer hy my eendag vra om te trou moet ons tog asseblief alleen en privaat wees.  Hy het toe baie romanties een aand voor ons gaan inkruip het op een knie afgegaan en my gevra om sy vroutjie te word – ek was totaal en al in die wolke en baie beïndruk dat hy onthou het dat ek nie ‘n hele affêre wou gehad het nie!

 

  • Die troue (a-z): Ek en my twee vriendinne asook die manne het reggemaak en aangetrek by Castello di Monte in Waterkloof Hoogte. Ons seremonie het om 17:00 begin by die prentjie mooie Nazareth Cathedral in Brooklyn.  My oudste seun Stephen, het my in die kerk ingebring (op maat van die Bridal March) – wat ‘n besondere voorreg was dit nie. Ek kon van die oomblik wat ek my aanstaande man gesien het, nie my oë van hom afhou nie! My jongste seun Matthew, het die ringe gedra.  Hy was baie senuagtig want ons het almal vir hom gesê om mooi te luister wanneer tannie Lynette hom roep om die ring vir ons voorentoe te bring! Dewald het ook belofte aan ons twee seuns gemaak alvorens ons aangegaan het met die kers seremonie.  Ons seuns het ons kerse aangesteek, waarna ons saam die groot unity kers aangesteek het.  Dit was voorwaar ‘n baie besonderse seremonie gewees. Na die verrigtinge het ons ‘n groep foto buite die kerk geneem met al ons gaste waarna die familie en gevolg terug is na Castelle di Monte vir die groep foto’s. Ons gaste het van die kerkie af ons seremonie meester gevolg na Tin Roof Café in Mooiplaats waar die onthaal plaasvind het. Met ons onthaal het ons soveel pret gehad en die aand saam met ons gaste geniet.  Die kos wat bedien was, was onverbeterlik en die diens uit die boonste rakke! Ons het ‘n photobooth gehad waar ons gaste “bos” kon gaan en lekker lawwe foto’s kon neem terwyl die ander dit op die dansvloer uitgekap het – voor ons ons oë kon uitvee was ons daggie verby.

 

  • Raad vir toekomstige bruide: Julle het so baie beplan, elke dingetjie tot in die kleinste detail…alles oor en oor in julle koppe probeer afspeel… dames, op jou troudag moet jy ontspan en aanvaar daar sal ietsie wees wat gaan skeefloop of iemand wat iets vergeet het of wat ookal – maar beste van alles is: net jy gaan weet daarvan, die gaste kom dit nie eens agter nie!  Geniet net die dag, want dis in ‘n oogwink verby – sorg dat daar baie foto’s geneem word, want glo my dis al wat jy oor het van daardie wonderlike daggie.

 

  • Die beste deel van jul troudag: Om uit ons skoene geseënd te gewees het om Dewald se ouers, my in-staan ouers (tannie Nickie en oom Charlie Loxton), ons seuns en wonderlike vriende daar te kon hê om ons spesiale daggie met ons te kon meemaak.