Elizna & Ruan {sag & spelerig}

Persoonlike Inligting:
• Naam van Bruid: Elizna Franken
• Naam Van Bruidegom: Ruan de Villiers
• Datum en Tyd van troue: 10 Mei ’14 om 4.30
• Venue/plek van troue: Eensgezind Durbanville
• Aantal gaste: 130
Diensteverskaffer Inligting:
• Trou Koordineerder: Eensgezind
• Fotograaf: Danelle Photography
• Bruid en bruidmeisie rokke: Ilse Roux (Bellville) – Strooimeisie rokke is gekoop.
• Bruidegom en mans pakke : Gehuur by ‘Suits to Hire’
• Blomme : Eensgezind
• Dekor: Eensgezind
• Koek: Eensgezind
• Spyseniering: Eensgezind
Oor die bruidspaar:
• Hoe en waar het julle ontmoet: Net voor my Matriek afskeid – hy was op Universiteit. Ons was by vriende se huis vir ‘n braai toe hy daar aangekom het. Dit was liefde met die eerste oog op slag.
• Hoe lank het julle mekaar geken: Ons het 6 jaar uitgegaan voor ons getroud is.
• Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ruan het met my pa gereël dat sy ouers en my hele familie die aand by ons huis kom braai het. Ek het nog nie eers geweet dat hy ouers gevra het nie. My broer hulle het gedink hulle kom braai alleen daar en Ruan se ouers het gemaak of hulle net gou iets kom afgee het. Die kar was egter gelaai met slaaie en vleis vir almal. My ma was net so verras soos ek. Nadat hy op sy kniee gegaan het en my gevra het, het almal gehuil en gelag en toe was daar behoorlik gekuier.
• Die troue (van a-z): Ek wou altyd in ‘n groot kerk met torings en ‘n orrel trou. Durbanville Moedergemeente was perfek. Ek en my 3 strooimeisies het met ‘n 1934 limo by die kerk aangekom waar my pa vir my gewag het. Ons het die kerk op die ou tradisionele troumars binne gegaan en Ruan het vir my gewag. Ruan was baie hartseer en dit het alles net meer spesiaal gemaak. Ek is een van ‘n tweeling en Ruan ook. My broer Erik en Ruan se identiese tweeling broer, Ryno, was deel van Ruan se strooijonkers. Die ander strooijonker , Johan, was Ruan se jarelange vriend en is toevallig ook een van ‘n tweeling. My stooimeisies was my aanstaande skoonsuster, Idette, Melani ‘n ou skoolvriendin en Ninni ook ‘n kosbare vriendin.
Ndat ons ons beloftes aan mekaar hardop afgelê het, het ek en Ruan elkeen ‘n vlaas met sand geneem en die inhoud gesamentlik in ‘n groot vlaas gegooi. Sy sand was swart en myne wit – dit beteken – as sand eers gemeng het kan dit nie weer geskei word nie. Ons vertrou datdit is soos wat ons lewens gaan wees.
Na die teken van die formalier is ons na buite waar ons 130 gaste op ons gewag het. Ek en Ruan is toe verder met die Limo tot by Eernsgezind waar ons fotos geneem het en ook waar die onthaal was. Die gaste kon hulle self solank geniet in die Foto-booth. Elkeen het ‘n ry fotos gekry om huis toe te neem en die ander copy moes hul ‘n boodskap op skryf en vir ons in ‘n houer gooi.
Daar is net geen einde aan al die komplimente wat ek aan Eensgezind en sy personeel kan gee nie. Hulle het vir alles gesorg en daar was niks wat verkeerd geloop het nie. Van die skouerruikers tot die nagereg. Alles was 100% gereel en veel meer as wat ek voor gevra het.
Kort nadat ek en Ruan die baan geopen het, het die heildronke gevolg – dit was net so perfek. My en Ruan se ouers was toevallig daardie jaar 30 jaar getroud en my ouma-hulle sou die 23 Mei 55jaar getroud wees. Hoe bevoorreg is ons nie.
Toe was dit tyd vir die pa en dogter dans. My ma was so oulik om vir ons ‘n spesiale dans te laat opmaak. Ons het begin met Juanita se ‘Vandag is jou troudag my meisiekind’ en toe skielik het die musiek oorgegaan op ‘n rock en roll en toe kort-kort verander. Die gaste het dit omtrent geniet. Hulle wou nog saam met ons huil, toe moes hulle lag.
Ons troukoek het later deel gevorm van die amper 15 verskillende nageregte.
Die musiek was reg en daar was gekuier tot 2 uur die nag. Ek en Ruan is totsiens gesê deur ons gaste wat 2 rye gevorm het met lang starlighter’s wat ons by China town gekoop het.
Die cherry op die koek was, toe ons by ons motor gekom het, het die strooijonkers dit amper heeltemal met glad-rap toe gedraai.

• Raad vir toekomsige bruide: Kry iemand om jou troue te doen sodat jy daardie oggend kan opstaan en oor niks hoef te bekommer nie. Dis die moeite werd. My vriendin en haar ma het hulle troue self gedoen – hulle was stokflou teen die middag en daar was hope goed wat nie reg was nie.

• Die beste deel van jul troudag: Daar is niks wat uitstaan nie. Alles was sprokies mooi en perfek!