Esrida & Darius {Aardse elegansie}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Esrida
  • Naam Van Bruidegom: Darius
  • Datum en Tyd van troue: 27 Sept 2013 om 16h00
  • Venue/plek van troue: Stone Cellar, Heidelberg, Gauteng
  • Aantal gaste: 60

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Laughing Chefs (Esrida is mede eienaar en het besluit om als saam met haar Ma, Maggie – ook eienaar-, aan te pak)
  • Fotograaf: Dork Inside
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Bruid – Boutique in Johannesburg, Bruidsmeisies – eie
  • Bruidegom en mans pakke – Eurosuit
  • Blomme : Laughing Chefs
  • Dekor: Laughing Chefs
  • Koek: Esrida self
  • Spyseniering: Laughing Chefs

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons was saam op skool en vir jare in die selfde vriendekring. Op Matriek vakansie het die liefde begin blom, en van daaraf was daar geen omkeerkans nie!
  • Hoe lank het julle mekaar geken: Geken – 15 jaar. Uitgegaan – 6 ½ jaar
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ek is mal oor diere en die natuur. Hy het my gevat na ‘n leeupark in Lanseria, waar ‘n welpie met die ring om sy nek na my toe gehardloop het. Hy het daar op sy kniee gegaan
  • Die troue (van a-z): September is veronderstel om koud te wees in Heidelberg, maar selfs die weer het saamgespeel om ons dag spesiaal te maak! Na amper 7 jaar saam het ons ewige trou aan mekaar beloof voor 60 van ons naaste vriende en familie. Ons wou ‘n elegante tog ontspanne troue gehad het, waar almal hulself net kon geniet. Stone Cellar was die perfekte plek – die seremonie in ‘n ou melkstal en die onthaal in ‘n “skuur” met houtvloere en ‘n sinkdak. Ek en my Ma, Maggie (mede eienaars van Laughing Chefs) het besluit om als saam te doen, om die laaste groot projek as Ma en Dogter aan te pak. Ons het die vorige dag al deurgery om die tafels te dek, blomme te doen en die laaste kosse voor te berei. Sy het spesiaal my en my bruidsmeisies se handruikers gemaak, als presies soos ons dit wou he. Proteas was die enigste kleur (behalwe vir my pers trourok), die res van die dekor net verskillende gryse. Terwyl ons fotos geneem het het ‘n akoustiese musikant ons gaste vermaak, en vingerhappies is ook bedien. Vir die onthaal is die kos voorgesit in bakke op die tafels sodat almal kon deel in die vreugde – geen toue, al 3 gange. Om middernag het ons mini hamburgers en chippies bedien as “midnight snacks”. Dit was ‘n wonderlike troue, ons het dit uitgerek tot 6uur die volgende oggend!
  • Raad vir toekomsige bruide: Maak ‘n lys van al die fotos wat jy graag sal wil he, als gebeur so vinnig dat jy sekere oomblike mis
  • Die beste deel van jul troudag: Toe Pastoor Danie se ons is nou “man en vrou”!