Francis & Andries {Bosveld Troue}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Francis Yvonne Bekker (Steyn)
  • Naam van Bruidegom: Andries Louise Bekker
  • Datum en Tyd van troue: 18 Mei 2013 – 14h00
  • Venue: Gabbata (Kameelfontein – Pretoria)
  • Aantal Gaste: 90

Diensverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Silveira Events
  • Fotograaf: Creative tree studio’s
  • Bruid Rok : Olivetti Centurion (Maggi Sontero)
  • Bruidegom Pak: Black tie
  • Blomme: Janine Marx
  • Dekor: Gabbata Venue
  • Koek: Gabbata Venue
  • Spyseniering: Gabbata Venue

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het mekaar se nommer by ‘n vriendin gekry wat gedink het ons sal van mekaar hou. Andries het my dadelik begin sms, en 2 dae later my genooi om saam met hom te gaan koffie drink. Ons het 3 ure gesels oor 1 koffie omdat ons so baie dieselfde was. Ons was dadelik mal oor mekaar en Andries het my gevra om sy meisie te wees.
  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons was 6 jaar bymekaar voordat ons verloof geraak het, omdat ons so jonk mekaar ontmoet het. Ek was 18 en Andries 19 en ons het net saam besluit om net eers ons voete in die wereld saam te vind voor ons die groot stap neem. Ons het in die 6 jaar die beste in mekaar uitgebring deur mekaar te ondersteun, aan te moedig tot dat ons so suksesvol is soos ons vandag is. Mekaar ook goed leer ken wat baie belangrik is voor dat jy trou.
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou: Ek is ‘n sales Rep vir Cater Warehouse, my werk vereis soms dat ek by kliente gaan aflewer. Andries het besluit om dit te gebruik sodat hy my behoorlik kan veras. 14 Desember 2012 op my verjaarsdag het ek by die kantoor ingestap en is dadelik gevra om ‘n dringende aflewering by Intundla Game lodge te gaan doen. Toe ek by Intundla instap het die bestuurder baie kwaad vir my gese die vooraad wat ek die vorige dag afgelewer het was verkeerd, en dat ek dit nou moet regmaak. Hy het gese ek moet saam met hom ry na die bush lodge toe om dit te gaan regstel, die pad was prentjie mooi met soveel wild oral om ons. Hy het teen ‘n koppie opgery en toe ek opkyk staan Andries met blomme in sy hand en die mooiste uitkyk plek! Ek was so verbaas om hom daar te sien en nie verstaan wat aangaan nie! Dit was toe als deel van Andries se plan hyt toe gese dis my verjaarsdag persent en vir my sjampanje aangebied. Ons het uit beweeg op die uitkyk punt en Andries het genoem dat hy vergeet het om iets te kry om tee eet, ekt gesê als is perfek hy hoef nie daaroor te bekommer nie. Toe se hy maar hyt iets anders onthou, wat hy hoop ek bitter graag wil hê, hy het die ring kas uit sy broek se sak gehaal en voor hy nog op sy knee was het ek al gese: JA! Waarop hy gelag het en gese kan ek net eers vra asseblief my engel! Dit was die oomblik waarvoor ek 6 jaar gewag het en dit was perfek!!!! Die bestuurder van die lodge was nog daar en kon vir ons die foto neem!

1 2

  • Die troue A tot Z: Wat vir ons albei belangrik was is dat ons alle besluite saam neem. Dit het vir my as bruid baie beteken dat Andries so deel was van die beplanning, ek het net gevoel dis ons dag saam en ek wil het hy moet oom gelukkig wees met byvoorbeeld die venue, kleur ect. Ons het besluit om nie te lank te wag voor ons trou nie en moes net by die venue uitvind waste dae hulle nog oop gehad het. Ons het op Gabbata besluit lank voor die tyd, dit is ook een van my kliente en toe ek vir Andries eendag die plek gaan wys het was hy net soos ek mal daaroor. Ons is albei lief vir die bosveld en natuur en Gabbata is perfek vir so troue. Ons is albei lief vir silver en wou nie te veel detail op die versierings het nie, sodat als natuurlik lyk. Ons het toe op wit en silver besluit met net rooi rose wat kleur inbring, wat pragtig gelyk het. Die rok soek het die meeste tyd gevat want ek wou die mooiste bruid vir my bruidegom wees. Ek was by ‘n paar plekke maar toe ek by Olivetti instap het ek so welkom gevoel, en hulle diens was puik. Ek het ‘n paar rokke uitgekies en aangepas waarvan ek gehou het maar die vrou kon sien dis nog nie die regte een nie. Syt agter toe beweeg en ‘n rok gebring wat ek aangetrek het en als het net opgehelder toe ek myself in die spieel sien. Die rok was perfek, my droom rok! Ek was saam met Andries om na sy pak te gaan soek, hy het by Black tie een gekry wat hom soos ‘n handskoen pas. Die blomme was maklik om te bestel want ek wou net rose hê, en sy het dit so mooi gedoen. Ons tafels het bestaan uit ‘n silver runner met ‘n spieel op en ‘n chandelier daarop met kerse en in die middle ‘n bondel rooi rose. Dit het so elegant gelyk met die silver underplates en mooi glass. Die venue het dit als vir ons gedoen, hulle was so behulp saam en het selfs toe ek nie ‘n trou koek kon kry wat ek graag wou he nie, dit self vir my gemaak. Ons foto graaf het vir ons ‘n music video ook van die dag gemaak wat vet prêt was. Die mense het dit so geniet, en die video lyk so goed : http://vimeo.com/66646154 . Ons het ook leeutjies gekry om die ringe in te bring wat ongelukkig laat was, maar was daar vir die foto’s wat so mooi by die natuur gepas het. Die mense het ook terwyl ons fotos geneem het tyd saam met hulle spandeer en fotos geneem. Ek was regtig so rustig oor die dag omdat daar soveel mense was wat gehelp het, ek het elke oomblik ingeneem en teen volle geniet. Elke troue het goedjies wat verkeerd loop maar ek sou niks van ons troue wou verander nie. Ons was met soveel liefde omring wat uitgebeeld word in ons pragtige foto’s!
  • Raad vir toekomsige bruide: Hou by net die belangrikste en naaste mense as julle die gaste lys opstel. Spandeer julle geld op die goedjies wat heel belangrikste is: Jou rok – beter om te huur want wat gaan jy met hom na die tyd doen, herverkoop is baie moeilik , sy pak – hy moet ook die geleentheid he om vir jou die mooiste bruidegom te wees en die fotos – dit is vir altyd en is al wat jy na die tyd het om die dag te herleef. En baie belangrik bruide luister na die bruidegom en sy idees, jy gaan dalk soos ek verbaas wees met die goeie idees! Soek rond voor julle finaal besluit en praat met almal wat julle ken, jy sal verbaas wees hoeveel mense jy ken wat goed vir jou soveel goedkoper kan doen, veral met bruide wat reeds getrou het.
  • Die beste deel van julle troue: Die oomblik toe die deur oopgaan en ek opkyk in die liefde van my lewe se oë! Die gevoel was onbeskryflik, die liefde in my wou uitborrel! Sy bewonder oe het my laat weet hoe mooi ek vir hom is en hoe lief hy my het. Ons is bedoel vir mekaar en daai oomblik het dit net weer bevestig!



style=”display:inline-block;width:300px;height:250px”
data-ad-client=”ca-pub-6502110301892345″
data-ad-slot=”5738075418″>

7 thoughts on “Francis & Andries {Bosveld Troue}”

  1. Julle liefdes verhaal klink soos ‘n ware sprookie! En julle het albei beautiful gelyk!

  2. Francis Bekker

    Trou idees is by ver die beste tydskrif wanneer jy jou troue beplan! Het ons baie gehelp om ons dag so perfek te maak!

  3. Het skoon trane in my oe! Julle is 2 pragtige mense! Baie geluk julle verdien dit!

Comments are closed.