Gaste geskenkies… kikker die boksies op!

Gaste geskenkies hoef nie altyd ‘n duur item te wees nie. ‘n Klein boksie met ‘n lekkertjie is meer as voldoende. Hier gee ons vir jou ‘n paar oulike idees hoe om jou geskenkies op te kikker!

Pompom boksies:

Maak pragtige mini pompoms van sagte papier! Volg die maklike instruksies – pompoms vir jou troue.

Sirkel plakkers:

Laat druk plakkers en gebruik dit bo op en aan die kante van jou boksie!

Linte:

Jy kan jou eie linte laat druk of linte gaan uitsoek. Gebruik ‘n plakkertjie om jou linte vas te hou!

Blinkers:

Gee jou boksie persoonlikheid deur dit met blinkers te tooi!

Pragtige Vlaggies:

Maak jou eie vlaggies en gebruik dit om jou boksie spesiaal te maak!

Idees vanaf Evermine.