Hangers vir almal {maak jou eie}

Daar is soveel oulike bybehore wat beskikbaar is vir troues, maar ongelukkig kan mens somtyds die begroting net so ver rek.  In hierdie oulike stap vir stap artikel, wys ons julle om jul eie verpersoonlike hangers te maak! Hierdie hangers sal sommer baie spesiaal wees!

{Geplakte hangers}

Wat benodig jy?

  • Hout hangers
  • Alfabet plakkers (te koop by meeste ‘scrapbooking’ winkels)
  • Lint in die kleur van jou troue

 

Om hierdie hangers te maak is baie eenvoudig! Maak seker dat die hout hanger mooi skoon is.  Gebruik die alfabet plakkers en plak die naam van die persoon (vir wie die hanger bedoel is) aan die linker kant van die hander. Plak jul trou datum aan die regterkant.  Rond af deur die lint bo aan die hanger se hak in ‘n strik te vou!  Hierdie hangers kan ook vooraf geverf word (om dit ‘n ander kleur te maak) of dit kan na die tyd met ‘n lagie ‘modge podge’ geverf word om die plakkers te seel en te verseker dat dit nie sommer sal los kom nie.

 

{Naam draad hangers}

Wat jy benodig?

  • Draad van 2 mm in dikte
  • Langneus tang
  • Boor met 2mm punt
  • gom soos ‘superglue’

 

 

Begin deur die draad te vorm in die naam wat jy graag wil skryf. Dit is makliker as jy begin deur die naam uit te druk op papier. So sal jy kan sien waar die letters moet draai! Gebruik die skrif ‘cursive’ as jy na iets soek wat maklik werk.

 

 

Vorm die draad soos jy dit wil he. Wanneer die klaar is en jy tevrede is met die naam. Gebruik nou die boormasjien en boor ‘n gaatjie aan beide kante van die binnekant van die hanger (jou draad gaan daarin moet pas). Neem nou die naampie en sny dit versigtig af sodat albei die oop punte netjies in die gaatjie inpas. Wees versigting en sny eerder net klein stukkies op ‘n slag af (mens kan altyd afsny, maar wanneer dit te kort is sal jy van voor af moet begin). Wanneer jou draad die regte lengte is, kan jy die gaatjie in die hanger vul met gom. Druk die draad punte daarin en gee die gom kans om droog te word.

 

Nou kan jy die hanger versier met linte, strikke, harte, blomme of enige ieta van jou keuse.

 

Artikel vanaf budget fairy tale en off beat bride